Nyambe positief oor komende seisoen
Sokker
Ná onoorwonne vertonings in voorseisoense opwarmwedstryde glo Ryan Nyambe dat sy klub Blackburn Rovers op koers is vir ’n goeie aanslag op die openingsnaweek van die Engelse Kampioenskap.
Rovers reis suid om Saterdag teen AFC Bournemouth te speel.
In twee vriendskaplike kragmetings het Rovers oorwinnings teen die eersteligaklubs Fleetwood Town en Blackpool behaal.
In die eerste rondte van die Carabao-beker uitklopreeks het sy span ook met 3-2 teen Doncaster Rovers oorleef nadat hulle rustyd met een-nul voorgeloop het.
Laas Saterdag was Nyambe ’n lid van die span wat ’n kragtige kombinasie van die Engelse premierligaspan Leicester City aangedurf en welverdiend met 1-1 gelykop gespeel het, in laasgenoemde se King Power-stadion.
“Dit was ’n goeie ervaring om teen ’n premierligaspan te speel,” het die internasionale verdediger van Namibië se Brave Warriors agterna gesê.
“Dit is altyd lekker om op die veld te stap en jouself teen die bestes te meet. Dit is iets waarna ek altyd baie uitsien, want jy sal nooit weet op watter vlak jy is as jy jou nie teen die bestes toets nie.
“Ek dink dit was vir almal in ons kleedkamer ’n goeie geleentheid om te bepaal waar ons staan.
“Ek dink ons het gewys ons kan ook daar kom. In die wedstryd het ons rêrig baie goed gevaar. Veral in die tweede helfte het ek gevoel dat ons die oorhand gekry het.
“Ons het ’n paar kanse geskep van waar ons waarskynlik doele moes aangeteken het, maar ek dink die gelykopuitslag is die minste wat ons verdien het.”
Met die voorseisoen afgehandel, is Nyambe oorgehaal om saam met sy spanmaats op die goeie uitslae sover voort te bou.
Komende Saterdag se opponente AFC Bournemouth het laas seisoen in die premierliga gespeel voordat hulle na die Kampioenskap gerelegeer is.
- rovers.co.uk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie