Nywerheidsbeskerming is wettig, su00ea hof
Nywerheidsbeskerming is wettig, su00ea hof

Nywerheidsbeskerming is wettig, sê hof

'n Maatskappy wat aan die Chinese sakeman Jack Huang behoort, skuld die ministerie van finansies invoerhef­fings op sement sedert Januarie 2013.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die hooggeregshof in Windhoek het op 20 Mei bevind 'n skikkingsooreenkoms tussen die regering en Jack's Trading om nie 'n 60%-invoerheffing op sement sedert 2013 te betaal nie, is ultra vires die Wet op Doeane en Aksyns, Wet 20 van 1998.

Ohorongo Cement het kapsie teen dié skikkingsooreenkoms gemaak en, ná die hoërhof in Windhoek hul aansoek verwerp het, het die hooggeregshof hul aansoek en die toekenning van hofonkostes teen Jack's Trading goedgekeur.

Die oorspronklike ooreenkoms is bereik toe Jack's Trading die regering hof toe gevat het ten tyde van die bekragtiging van nywerheidsbeskerming vir die sementbedryf in Namibië.

Volgens die woordvoerder van die ministerie van finansies, mnr. Tonateni Shidhudhu, gee die uitspraak duidelikheid oor die ministerie se regte om belastingvoorstelle toe te pas en om beskerming van jong nywerhede ingevolge artikel 65 (1) en (8) van die doeanewet in werking te stel.

Die besluit om die jong sementbedryf in Namibië deur middel van invoerheffings te beskerm, hoef nie noodwendig eerste in die Staatskoerant gepubliseer te word nie, en die wet stel die finansminister in staat om óf deur belastingvoorstelle, óf deur die bekragtiging in die Staatskoerant nuwe invoerheffings te implementeer.

Volgens hooggeregs­hofregters Peter Sam Shivute, met die ondersteuning van regter Sylvestor Mainga, was die hoërhof verkeerd om Ohorongo se aansoek nie toe te staan nie ná die skikking tussen Jack's Trading en die regering op die nippertjie bereik is.

Volgens Shidhudhu het die direktoraat van doeane en aksyns 'n span uit hul subafdeling vir maatskappyoudits saamgestel “om 'n voorraadopname te neem van Portland- en ander tipe sement wat deur Jack's Trading ingevoer word, waarvoor invoerheffings sedert 23 Januarie 2013 nie ingevorder is nie,” sê hy.

“Hulle opdrag is om data van doeane en aksyns te ontleed en om die persele van Jack's Trading te besoek om inligting in te samel en ouditbaseerde kontrole in plek te stel,” sê hy.

“Sodra die ouditproses voltooi is, sal Jack's Trading die heffings insluitend rente onmiddellik moet betaal,” sê hy.



MILJOENE TER SPRAKE

Tussen Augustus 2012, toe kennisgewing no. 208 in die Staatskoerant gepubliseer is, en Jack's Trading se aanvanklike oorwinning in 2013, moes die maatskappy amper N$10 miljoen aan invoerheffings betaal.

Die N$9 718 893 is aan hulle terugbetaal ná die hoërhof se besluit en sal deel wees van die uitstaande bedrag waarvoor Jack's Trading nou moet opdok.

Mnr. Hans Wilhelm Schütte, Ohorongo Cement se uitvoerende direkteur, het verlede week gesê: “Die beslissing is onlangs gelewer. Dit is nie moontlik om kommentaar te lewer nie. Die uitspraak moet nog noukeurig bestudeer word om die implikasie vir Ohorongo te ontleed. Ons ontmoet volgende week (die week) met ons regsverteenwoordigers en sal daarna hopelik meer inligting hê,” sê hy.

Jack's Trading behoort aan die Chinese besigheidsman mnr. Jack Huang wat tans op borg vrygelaat is in verband met sy betrokkenheid by 'n saak van bedrog en geldwassery ter waarde van N$3,5 miljard.

Hy is laat verlede jaar in Angola in hegtenis geneem op 'n klag van vervalsing van Kwanza-banknote.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!