Ou00eb op Suid-Afrikaners in Tour de Windhoek
Ou00eb op Suid-Afrikaners in Tour de Windhoek

Oë op Suid-Afrikaners in Tour de Windhoek

Padfietsry
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Team Kia Elite en Mannie's Bike Mecca (MBM) is twee van die spanne wat 'n sterk plaaslike aanslag van stapel sal stuur wanneer die Tour de Windhoek vir die volgende drie dae in en om Windhoek uitgewoed word.

Die gesogte padfietstoer van vyf skofte binne drie dae herleef ná 'n afwesigheid van 'n klompie jare danksy die borgskap van Hollard en Pupkewitz Megabuild.

Dit sal 'n goeie internasionale geur hê met gerekende spanne van Suid-Afrika wat reeds hul opwagting gemaak het.

Nolan Hoffmann, 'n vorige wenner van onder meer die Cape Argus, is een van die bekende name vir Team BCX wat ook oor die dienste van Calvin Beneke, David Maree en Steven van Heerden beskik.

Die ander SA span is Team Pro Touch.

'n Span uit die Demokratiese Republiek van Kongo het ook vir die Tour de Windhoek ingeskryf, maar organiseerders was gister nog in afwagting om te sien of hulle gaan opdaag.

Uit die Namibiese geledere het die MBM-spanne gerekende fietsryers in wat in beide die mans- en vrouekompetisies hul man kan staan.

Team Kia het gister 'n laat verandering aangebring toe die veteraan Fanie Steenkamp hom om mediese redes moes onttrek. In sy plek sal 'n ryer uit Mauritius, Matthew How Saw Keng, wegspring. Laasgenoemde is by die Universiteit van Kaapstad 'n spanmaat van die Namibiër Martin Freyer wat ook terug in Windhoek is om die Team Kia-kleure te dra.

Namibië se Olimpiese vroueryer Michelle Vorster ry vir Team Zimmermann VW Cats.

• Details van die Tour de Windhoek se skofte vandag, môre en Sondag verskyn in die naweekprogram op bl. 45.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!