Oë terug op die stembus
Woensdag keer Namibiërs in vier kiesafdelings terug na die stembus om nuwe streekraadlede aan te wys.
Dit terwyl die demokrasie deel van daaglikse gesprekke bly weens die uitdaging van die uitslae van November se presidensiële verkiesings wat volgende Vrydag in die hooggeregshof draai.
Wat die omstrede dr. Panduleni Itula betref, moet die polisie en ander gesagte sluipmoordstories aan die kaak stel en betrokkenes vervolg. Dit val op dat diegene wat sulke, in Namibiese konteks verregaande beweringe versprei nie bewyse daarvoor aanbied nie.
Omdat op 15 Januarie net op enkele plekke gestem word, behoort die Verkiesingskommissie (ECN) hom beter van sy taak te kwyt.
In die kiesafdelings van Khomasdal, Walvisbaai-stedelik, Gobabis en Keetmanshoop-stedelik is daar talle sake om volgende week fyn dop te hou.
Een vraag is of November se herlewing in veelpartydemokrasie herhaal gaan word en ‘n beter opkoms gaan verseker. In 2015 was die gemiddelde bywoning in streekraadverkiesings 36,6%. Die opkoms in al vier die kiesafdelings was laer as die gemiddeld en in Walvisbaai het minder as 20% van geregistreerde kiesers gestem.
Swapo-kandidate se aandeel van stemme was vyf jaar gelede as volg: Khomasdal 76%, Walvisbaai 85%, Gobabis 80% en op Keetmanshoop 71%.
Die regerende party het in November as volg gevaar: Khomasdal 42%, Walvisbaai 47%, Gobabis 59% en Keetmanshoop 40%.
Die uitslae van 16 Januarie gaan insiggewend wees.
So sê ander
8 Januarie 2020
Veediefstal is ’n krisis wat nóú gestuit moet word
Die vernietigende oorhand wat veediewe en veediefstalsindikate in die land het, verg nóú daadwerklike en deeglike regeringsoptrede om ’n krisis van epiese afmetings te keer.
Die skade wat veediewe en veediefstalsindikate die land en sy ekonomie berokken, is enorm. As gevolg van hul wandade verloor Suid-Afrika prakties daagliks een ekonomiese boerderyeenheid van meer as R3 miljoen.
In die afgelope boekjaar (2018-’19) alleen is die diefstal van vee van R1,24 miljard by die owerheid aangemeld.
Dit is egter nie die volle omvang van die veediefstalepidemie nie. Die prentjie is veel donkerder. Tot 80% van diefstalle word volgens die nasionale veediefstalforum nie aangemeld nie.
Suid-Afrika en sy boere hoor te lank al leë beloftes in hul bitter stryd teen veediewe.
Dit is tyd dat die regering die politieke wil wys om veediewe en veediefstalsindikate behoorlik te beveg en vas te vat. Dit kan gedoen word. Die nuwe landelike veiligheidsplan is werkbaar.
Doen die regering dit nie hierdie keer reg nie, sal die veediefstalepidemie sneeubal tot een van die land se grootste krisisse. Veediefstal bedreig nie slegs boere nie, maar ook plaaswerkers, plattelandse dorpe, die ekonomie en voedselsekerheid.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie