O, tyd! MTC sê oor chaos
MTC sê die verwarring oor tyd is nie hul skuld nie, die regering moes vervaardigers daarvan in kennis stel.
Augetto Graig
Die tyd het nié verander nie, al sê jou slimfoon, televisie of rekenaar so.
Omdat 1 April vanjaar op 'n Sondag geval het, het Namibiërs gewonder of dit te danke aan Gekkedag is dat mense op die verkeerde tyd by kerkdienste en middagetes opgedaag het.
Dít ná slimfone en elektroniese apparate wat outomatiese tydsaanpassings maak landsburgers laat glo het dit is 'n uur vroeër as in werklikheid.
Die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie het in Maart 'n poging aangewend om Namibiërs van die veranderde wetgewing oor tyd in kennis te stel.
Die praktyk om na wintertyd oor te skakel, is stopgesit volgens dié wet wat verlede jaar aangepas is.
'n Vrystelling van mnr. Mbeuta Ua-Ndjarakana, permanente sekretaris, bevestig dit.
“Ingevolge die nuwe Namibiese Tydwet van 2017 sal daar geen tydsverandering wees vanaf die eerste Sondag van April 2018 nie. Dit beteken Namibië se standaardtyd is twee ure voor Greenwich- middelbare tyd.”
Ua-Ndjarakana het die publiek gevra om streng hierby te hou.
Die land se grootste selfoondiensverskaffer, MTC, het vinnig op sosialemediaberigte gereageer ná gesê is die selfoondiensverskaffer het dalk nie die ministerie se boodskap gekry nie.
Volgens mnr. John Ekongo, MTC-woordvoerder, kan MTC nie tydsverstellings op toestelle beheer nie.
“MTC kan nie tydsveranderinge op toestelle aanbring nie,” het hy gesê.
“Vervaardigers stel toestelle om die tyd outomaties volgens die betrokke tydsone aan te pas. Die onus val dus op die vervaardiger om die verandering aan die tydsone aan te bring ná die regering hulle daarvan in kennis stel,” het hy gesê.
“Tot dusver blyk dit slegs sommige Android-toestelle het nie die tydsverandering gemaak nie, terwyl IOS-toestelle dit wel gedoen het,” het Ekongo gesê.
MTC het hul kliënte aangeraai om die tyd self op hul toestelle aan te pas deur dit op die Johannesburg-tydsone in te stel, of na GMT+2 ure sentrale Afrika-tyd.
Die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie kon teen druktyd nie vir kommentaar bereik word nie.
Ook die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie van Namibië (Cran) kon gister nie meer lig op die saak werp nie, aangesien hul woordvoerder nog met verlof is.
Multichoice Namibia het ook nie teen druktyd op e-posse gereageer ná dié digitale televisiediensverskaffer se stelsels Sondagoggend ook die verkeerde tyd aangedui het nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie