O, verlos ons van die skuld
ROOI OLIFANT SKRYF:
Ope brief aan die Legal Assistance Centre (LAC) en Law Society of Namibia:
Hierdie soort prokureur waarvan ek praat, is ’n leningshaai en skuldinvorderaar.
Wanneer hy iemand hof toe sleep, baat hy dus drie keer, want as uitlener oorhandig hy sy skuldenaars aan die skuldinvorderaar (wat dieselfde persoon, hy, is) en dié oorhandig sy slagoffer aan die prokureur (wat weereens dieselfde persoon, hy, is) wat die arme onkundige slagoffer in die beskuldigdebank droogmelk en uitbyt, met die vriendskaplike samewerking van, wel, 'n hof wat die voortbestaan van hierdie sieklike stelsel aanhelp en verseker.
Dan spog dié prokureur nog dat die Law Society of Namibia geen jurisdiksie het nie en dat Namfisa ’n hond met geen tande is. Sy arme slagoffer skuld, tien teen een, ’n skamele bedraggie in vergelyking met die enorme som wat met behulp van die program uitgewerk word, waarvoor hy voor die hof gedagvaar word.
En dít van iemand wat doelbewustelik, onoordeelkundiglik geld uitleen met die uitsluitlike doel om die lener om die bos te lei, sodat hy hom uiteindelik in ’n slagyster laat beland om bloed uit ’n klip te tap.
Daar bestaan ’n groot behoefte dat alle regspraktisyns, skuldinvorderaars, gelduitleners en howe ten opsigte van hofverskynings in verband met skuld behoorlik ondersoek, en ooreenstemmende regstappe geneem sal word, want die ganse Namibië ly onder hul wurgende greep. Hulle dryf groter armoede aan. Intussen ly die arme slagoffer in totale donker isolasie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie