O.13’s begin teen Vrystaat
Rugby
Die agtsteman Ruan Agenbag van Windhoek Gimnasium is as kaptein aangewys van die Namibiese Skolesportunie (NSSU) se o.13-rugbyspan vir die SA Rugby Cravenweek vir Laerskole volgende maand.
Die Namibiërs is geloot om in hul openingswedstryd teen een van Suid-Afrika se voorste provinsies in skolerugby, die Vrystaat, te speel.
Die Cravenweek word vanaf 24 tot 28 Junie by Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier, Mpumalanga aangebied.
Afrigter Mauritz Thirion sê die laerskolespan is gekies ná afloop van die onlangse proewe waar streekspanne van //Kharas, Hardap, Erongo, Khomas, Noorde asook ’n presidentspan van die res meegeding het.
“Sanlam Namibië het soos die laaste klompie jare die nasionale proewe geborg, wat hulle in wese die hoofborg van Namibiese laerskolerugby maak,” sê Thirion.
Volgens hom is ’n goed gebalanseerde spelersgroep uitgesoek wat goed op provinsiale vlak behoort mee te ding.
“Verlede jaar het ons twee uit vier wedstryde gewen en ons mikpunt is om hierop te verbeter.”
Die uitgesoekte groep sal op 16 Junie weer in Windhoek byeenkom vir ’n weeklange oefenkamp voordat hulle na Witrivier vertrek.
Die NSSU o.13-span vir die openingswedstryd is:
15 Joshua Moller (Gekombineerde Skool Danie Joubert)
14 Soobramoney Sammy (Primêre Skool Orban)
13 Alexandro van Wyk (Gekombineerde Skool Danie Joubert)
12 Marc Holloway (Pro-Ed Akademie)
11 Metarere Kauari (Primêre Skool Francis Galton)
10 Keanan Diergaardt (Primêre Skool Pionierspark)
9 Stefanus Oosthuizen (Grootfontein Agri Kollege)
8 Ruan Agenbag (kaptein, Windhoek Gimnasium)
7 Ryno de Sousa (Moria Privaatskool)
6 Zack von Wielligh (Windhoek Gimnasium)
5 Ernst du Preez (WAP)
4 Hafeni Mungungu (Windhoek Gimnasium)
3 Nicholas van der Colff (Pro-Ed Akademie)
2 Ruan Anthonissen (Moria Privaatskool)
1 William du Toit (Primêre Skool Pionierspark)
Reserwes: 16 Marchall Klein (Laerskool Walvisbaai), 17 Hendrik Kotzé (WAP), 18 Zander van Wyngaard (WAP), 19 Jeden Swartz (Primêre Skool Origo), 20 Alejandro Goliath (Laerskool Walvisbaai), 21 Clive Raines (Windhoek Gimnasium), 22 Waldré Kotze (Windhoek Gimnasium), 23 Juan Kuhn (WAP)
Die bestuurspan is mnre. Mauritz Thirion (hoofafrigter, Windhoek Gimnasium), Reagen Gertze (hulpafrigter, Primêre Skool Pionierspark) en Ernest Groenewald (spanbestuurder, Primêre Skool Orban).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie