O.17-meisies sluit aan by Jeugspele

Sokker
Die lotings vir die o.17-sokkertoernooie vir seuns en meisies by die Streek 5-jeugspele in Maseru, is dié week van nuuts af in Johannesburg afgehandel.

Eers ná die eerste trekking laas Vrydag in Maseru het Namibië, die Comore-eilande en Zimbabwe besluit om hulle by die spele aan te sluit wat van 30 November tot 8 Desember plaasvind.

Sue Destombes, Cosafa se hoofsekretaris, sê: “Gewoonlik sal ons nie laat inskrywings toelaat nie, maar vir hierdie spesifieke kompetisies voel ons dis geregverdig. Ons mandaat is om sokker in die substreek te ontwikkel en o.17 is 'n belangrike ouderdomsgroep in dié verband.

“Daarom het ons die versoeke van hierdie lande aanvaar en verwelkom hulle vir wat ons glo twee fantastiese kompetisies in Maseru sal wees.”

Die toetrede van Zimbabwe het die aantal spanne in die seunskompetisie tot elf vermeerder, wat 'n nuwe trekking genoodsaak het om 'n formaat met drie groepe te akkommodeer.

Die gasheerland Lesotho se seuns is in groep A saam met Eswatini, Zimbabwe en Madagaskar geplaas. Suid-Afrika, die verdedigende kampioen, is in groep B saam met Angola, Botswana en Mauritius. Groep C het net drie lande met Zambië, Malawi en Seychelle op die lys.

Slegs die topspan in elke groep en die beste geplaaste naaswenner sal tot die halfeindronde van die kompetisie deurdring.

In die meisieskompetisie was daar aanvanklik net vier lande. Maar die toevoeging van nog drie beteken daar sal nou in twee groepe gespeel word.

Verlede jaar se verloorder in die meisiesfinaal, Zambië, is in groep A saam met Zimbabwe, Botswana en die Comore-eilande.

Suid-Afrika sal teen Mauritius en Namibië kragte meet. Die toptwee spanne in elke groep sal vir die halfeindronde kwalifiseer.

'n Nuwe kampioen sal vanjaar bekroon word, nadat Uganda en Tanzanië die eerste twee kompetisies in 2019 en 2020 gewen het.



SEUNS

Groep A: Lesotho, Eswatini, Zimbabwe, Madagaskar.

Groep B: Suid-Afrika, Angola, Botswana, Mauritius.

Groep C: Zambië, Malawi, Seychelle.

MEISIES

Groep A: Zambië, Botswana, Zimbabwe, Comore-eilande.

Groep B: Suid-Afrika, Mauritius, Namibië.


FOTO
Die senior Namibiese Brave Gladiators op die oefenveld, voor hul onlangse suksesse tuis en weg teen Tanzanië in kwalifiserende Wêreldbeker-wedstryde. Volgende maand kry Namibië se o.17-span die kans om in ’n toernooi in Maseru mee te ding. Foto Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!