O.17's slaan met oortuiging terug
Sokker
Die sokkerspan van Black Africa HopSol het goed teruggeveg om die Italiaanse klub AC Reggiana met 2-1 te verslaan op die tweede wedstryddag van die onder 17 Future Champions Gauteng internasionale toernooi in Johannesburg.
Leighton McGalty en Salomon Negumbo was die doelskieters vir die Namibiese klub, terwyl Christiano Lorenzani 'n troosdoel vir die Italianers behaal het.
Onder afrigterskap van die gewese Brave Warriors-speler Collin Benjamin het die Namibiërs Maandag op die openingsdag 'n nederlaag met 1-3 teen die gasheerstad se klub Orlando Pirates gely.
Ondanks 'n vroeë doel deur die verdediger Oliver Baas het basiese foute daartoe gelei dat die span sy selfvertroue en struktuur verloor het namate Orlando Pirates aan die gang begin kom het.
Net die topspan in elke groep dring deur tot die halfeindronde wat Vrydag gespeel word.
Ná twee wedstryde elk is die Russiese span FC Spartak boaan groep C geplaas (vier punte), met Orlando Pirates wat danksy 'n beter doelverskil tweede is voor Black Africa HopSol. Laasgenoemde twee het elkeen drie ligapunte, maar Pirates se doelverskil is +1 teenoor die Namibiërs se minus 1.
Die Black Africa HopSol o.17-toerspan is:
Doelwagters: Kyle Webb (SKW), Luca Klatte (Ramblers)
Verdedigers: Ngazikue Kandetu (Döbra), Juayden Shiyuka (Ramblers), Joshua van Turah (Ramblers), Andriko Boehringer (SKW), Oliver Baas (SKW, onderkaptein).
Middelveldspelers: Edmar Kamatuka (Ramblers, kaptein), Ndjihorine Katjivena (Ramblers), Kyle Kalipi (DTS), Sven Gruenewald (Ramblers)
John Shimwetheleni (SKW).
Voorspelers: Owen Damaseb (SKW), Diogo Ferreira (SKW), Salomon Negumbo (WFC), Leighton McGalty (SFC).
Die Future Champions Gauteng Internasionale o.17-toernooi is in sy tiende bestaansjaar en bring twaalf spanne met hul eie unieke speelstyle uit verskillende wêrelddele byeen. Vyf klubs is van Suid-Afrika en die ander sewe is Black Africa HopSol, Espanyol (Spanje), ADO Den Haag (Nederland), FC Brugge (België), Spartak Moscow (Rusland) en AC Reggiana (Italië).
Die toernooi het 'n trotse tradisie met vorige wenners soos Boca Juniors van Argentinië in 2009, die Chinese klub Shandong Luneng in 2010, asook Atletico Mineiro in 2011, 2012 en weer in 2014.
Mexiko se Club Tijuana het in 2013 gewen, die Italianers Torino in 2015 en Spanje se Atletico Madrid in beide 2016 en 2017.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie