O.18's op missie na Akademieweek gestuur
Walvisbaai Privaat Hoërskool het die skolespan se kaptein opgelewer.
Andrew Poolman - Namibië het sy beste beskikbare onder 18-rugbyspelers gekies met 'n missie om 'n punt te gaan bewys by die SA o.18 Akademieweek in Juliemaand.
In 'n herstrukturering laas jaar het organiseerders eensydig besluit om Namibië, Zimbabwe en drie van Suid-Afrika se plattelandse unies se deelname aan die o.18 Cravenweek te kanselleer.
Hoewel Namibië sedert 1964 deel van die buurland se mees aansienryke provinsiale skolerugbytoernooi was en ongetwyfeld die sterkste van die weggelate unies is, wou die administrateurs nie toegee nie.
Die Akademieweek is die naasbeste vlak van kompetisie en dien basies as blootstelling vir die spelers in die tussenfase ná o.16 wat nog net-net te jonk is om op gelyke voet met die senior seuns mee te ding. Dit is tradisioneel 'n goeie voedingsbron vir die volgende jaar se Cravenweekspan.
Die agtsteman van Walvisbaai Privaat Hoërskool, Victor van der Watt, is as kaptein aangewys van 'n span wat twee oorblywende lede van 2017 se “laaste” Namibiese Cravenweekgroep bevat, naamlik die slot Pieter-Daniël Kok en die haker JC Rossouw.
Van der Watt is een van vyf spelers wat in verlede jaar se Akademieweek gespeel het. Die ander is heelagter AJ Zaahl, flanke De Wet Oosthuizen en Shaun van Wyk, haker JC Rossouw en stut Adriaan Esterhuizen.
Die Akademieweek word van 8 tot 14 Julie in die Paarl gespeel. Die Namibiese span word deur mnre. Ainsley Daniels (WHS) en William Assegaai (Keetmanshoop JSS) afgerig word, met Willie van Zyl (Walvisbaai PHS) as spanbestuurder.
Die Namibiese span na die o.18 Akademieweek:
15 Aljarreau Zaahl (WHS)
14 Lincoln Beukes (Moria Privaatskool, Outjo)
13 Retief Blaauw (Keetmanshoop Privaatskool)
12 Sam Poulton (o.kapt, Whk Gimnasium)
11 Maandero Haimbonde (WHS)
10 Neil Niehaus (Tsumeb Gimnasium)
9 Danie van der Merwe (Whk Affies)
8 Victor van der Watt (kapt, Walvisbaai PHS)
7 De Wet Oosthuizen (Whk Affies)
6 Shaun van Wyk (WHS)
5 Pieter-Daniël Kok (Tsumeb Gimnasium)
4 André van der Merwe (Whk Gimnasium)
3 Adriaan Esterhuizen (WHS)
2 JC Rossouw (WHS)
1 Herschell van Wyk (Whk Gimnasium)
Reserwes: 16 Zane Feris (Whk Gimnasium), 17 Ethan Thiart (Whk Gimnasium), 18 Tinus van Wyk (Tsumeb Gimnasium), 19 Morgan Krohne (WHS), 20 Ethan Feris (Walvisbaai PHS), 21 JD Holtzhausen (Tsumeb Gimnasium), 22 Levert Swartz (WHS), 23 Peace Shimwino (Oranjemund).
• Die span na die o.16 Grant Khomo-week (1-6 Julie op Kimberley):
15 Karuru Shatirwe (Jan Möhr), 14 Johnathan Hanekom (Elnatan), 13 Michael van Wyk (SS Swakopmund), 12 Geraldo Beukes (WHS), 11 Owen Hawanga (Whk Gimnasium), 10 Rushano van Rooi (kapt, Whk Gimnasium), 9 Fanus Jurgens (Whk Affies), 8 Divan van Vreden (o.kapt, Walvisbaai PHS), 7 Danie Opperman (WHS), 6 Rowan Jansen (WHS), 5 Conwill Draghoender (WHS), 4 Sheron Rossouw (WHS), 3 Lucky Mauaha (Moria), 2 Frikkie Engelbrecht (Tsumeb Gimnasium), 1 Ernst Lowe (Whk Affies)
Reserwes: 16 Bernd Beddies (Tsumeb Gimnasium), 17 Janu Visser (Elnatan), 18 Gregory Nawaseb (SS Swakopmund), 19 Neil Holtzhausen (Moria), 20 Marius Wessels (Whk Affies), 21 Brian Bayer (Dr. Lemmer), 22 Danie Coetzee (Keetmanshoop Privaatskool), 23 Corbin Claasen (WHS).
• In die aankondiging gister van die Namibiese laerskolespan vir deelname aan die o.13 Cravenweek is een speler se naam per abuis weggelaat. Miguel Garcia Steenkamp is 'n flank van Walvisbaai Primêre Skool wat vir die eerste wedstryd op die reserwebank gereed sal sit.
MOMENTUM LIGAS
Die landwye Momentum-ligas vir hoërskole se wedstrydprogram is ook intussen bekend gemaak, met die afskopnaweek wat komende Saterdag aanbreek.
In die o.19 premierliga het twee skole van buite die hoofstad vanjaar vir die eerste keer ingeskryf om met die grotes mee te ding, naamlik Pro-Ed Akademie van Swakopmund en Moria Privaatskool van Outjo.
Dit bring die getal spanne in die o.19 premierliga op nege te staan, wat in 'n enkele groep sal meeding met agt wedstryde vir elkeen.
Na afloop van die groepfase sal die topvyf tot die o.19 Superliga deurdring en die res speel vir die A-liga se trofee.
Komende Saterdag word drie o.19 premierligawedstryde gespeel, naamlik Pro-Ed teen Windhoek Affies op Swakopmund (12:00); Tsumeb Gimnasium teen Windhoek Hoërskool I op Tsumeb (12:00) en Windhoek Gimnasium teen Elnatan by eersgenoemde se veld (11:20).
Op Woensdag 30 Mei word twee wedstryde op Otjiwarongo gespeel (Tsumeb Gimnasium teen Elnatan en Moria teen Walvisbaai Privaat Hoërskool) asook een by Vegkop-stadion (WHS I teen WHS II).
Die kwarteindstryde is vir die naweek van 3-4 Augustus geskeduleer, met die halfeindronde en finale op die daaropvolgende naweke.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie