O.19-boulers vernietig Noord-Kaap vir net 31
Die krieketweek in Johannesburg het die jong Namibiërs geslyp vir hul komende Wêreldbeker-aanslag.
Andrew Poolman
Oorwinnings teen Mpumalanga en Noord-Kaap was op die laaste twee speeldae die hoogtepunt van die Namibiese o.19-span se deelname aan die Khaya Majola provinsiale krieketweek in Johannesburg.
Die jong Namibiërs is binnekort op pad na die o.19 Wêreldbekertoernooi wat op 13 Januarie in Nieu-Seeland begin en hulle sal beslis momentum wil opbou vir hul groepwedstryde teen Bangladesj op die openingsdag, Engeland en daarna Kanada.
Spankaptein Lo-han Louwrens het hom Woensdag met 'n puik honderdtal (131 nie uit nie) laat geld om sy span se sege met agt paaltjies te help verseker.
Die Laevelders het op UJ Soweto-kampus se veld die loot gewen en gekies om eerste te kolf. Die Namibiese snelbouler Jan-Izak de Villiers het egter die skade aan hul toporde aangerig deur vier paaltjies vir 37 in sy nege boulbeurte te neem.
Mpumalanga was almal uit vir 189 lopies in 50 boulbeurte. Gerhard Lottering (2/28 in ses boulbeurte) en Petrus Burger en Shaun Fouché met een paaltjie elk het ook toegeslaan.
Namibië het vir Jurgen Linde vroeg verloor (2 van 9 balle), maar sy aanvangsvennoot Louwrens het sy stempel afgedruk met 'n onoorwonne 131 van net 93 balle.
Met 18 viere en een ses het hy aanvallend gekolf om as speler van die wedstryd te eindig.
Shaun Fouché (36 van 58 balle, 2x4) het hom geselskap gehou, met Erich von Mollendorff op sewe nie uit nie toe die Namibiese kolfbeurt op 191/2 geëindig het.
NOORD-KAAP (50 bb)
Namibië het gister sy toernooi by die St. David's-veld met 'n oorweldigende sege van 211 lopies teen die Noord-Kaap afgesluit.
Louwrens het by die loot gekies om eerste te kolf, waarna die Namibiese kolwers almal bygedra het tot die totaal van 242/9 in 50 boulbeurte.
Die lopies was redelik eweredig tussen Jurgen Linde (36), Ramon Wilmot (20), Lo-han Louwrens (29), Erich von Mollendorff (34), Nicol Loftie-Eaton (21), Petrus Burger (17) en Gerhard Lottering (39 van 30 balle, vyf viere) versprei.
Noord-Kaap is hierna vir 'n skamele 31 lopies uitgeboender, waarvan Relesego Mothibi 15 nie uit nie aangeteken het.
Die arme Noord-Kapenaars het eenvoudig geen raad geweet met die jong snelbouler Ben Shikongo (5/12 in 5 bb) óf die draaier Petrus Burger (5/15 in 6.3 bb) nie.
Shikongo is as speler van die wedstryd bekroon.
• Die opsomming van die week se vorige verloorwedstryde:
TEEN GRENS (T20, Dinsdag)
Namibië kies om eerste te kolf op die St. David's-veld en behaal 100 almal uit in 18 boulbeurte.
Jurgen Linde is eerste uit (9), voordat Louwrens (29 van 25 balle, 4x4) en Shaun Fouché (17 van 18 balle, 2x4) belowend aan die gang gekom het.
Die paaltjies het daarna egter gans te vinnig geval (vanaf 51/1) met net Gerhard Lottering (14 van 15 balle, 1x6) wat dubbelsyfers kon aanteken.
Die Namibiese kamp was egter ontevrede dat die veldwerker wat vir Petrus Burger (8 van 6 balle) uitgevang het, oor die grenstou getrap het. Nicol Loftie-Eaton (gestonk vir 4) is ook uitgegee ondanks protes dat die bal nie in die paaltjiewagter se hand was nie, maar in sy beenskut was.
Die Namibiese boulaanval het die Oos-Kapenaars senuagtig gemaak toe hul openingspaar Siyamthanda Zini (uitgehardloop deur Nicol Loftie-Eaton vir 2) en Jason Raubenheimer (gestonk vir 0 van 'n Petrus Burger-draaibal) uitgehaal is met die span se telling op net nege.
Ben Shikongo het ook toegeslaan om Grens se veelsydige uitblinker in die toernooi, Jason Niemand (2), uit te hardloop.
Die volgende kolwers Matt Dewar (24) en Sinethemba Qeshile (35*) het egter kopgehou om Grens na 'n oorwinning met vyf paaltjies te lei.
TEEN OOSTELIKE PROVINSIE (T20, Dinsdag)
Oostelike Provinsie se totaal van 150/6 was goed genoeg vir 'n oorwinning met 41 lopies.
Hul lopiemasjien David Rushmere (meer as 250 lopies in die toernooi) kon net 5 kry voordat Petrus Burger (2/18 in 4 bb) hom b.v.p. betrap het, maar Christopher Benjamin (21), Sinesipho Tsotsa (41) en Kenan Smith (33) het aan die gang gekom.
In die Namibiese antwoord het paaltjies op die mees ongeleë tye geval, wat verhinder het dat enigiemand meer as Jan-Izak de Villiers (15), Erich von Mollendorff (17) of Shaun Fouché (15) kon aanteken.
TEEN SWD (tydkrieket, Maandag)
Namibië wen die loot by Wanderers-klub se Top-ovaal en kolf eerste. Net vier kolwers kry dubbelsyfers in hul totaal van 135 almal uit.
Jurgen Linde (19 van 67 balle) en Lo-han Louwrens (26 van 54 balle) voer die telling vanaf 9/1 tot 46/2, wat die begin van die ineenstorting tot 90/8 is.
Kolwers nommer agt en tien, Jan-Izak de Villiers (30 van 44 balle, 3x4) en Ben Shikongo (16 van 33 balle, 2x4) se vennootskap voorkom die verleentheid van 'n totaal kleiner as honderd.
SWD se aanvangskolwer Francois Barnard het vasgeskop en het met 115 nie uit nie van 124 balle (15x4 2x6) straf uitgedeel. Die Suid-Kapenaars het hul kolfbeurt op 254/3 ná 42 boulbeurte afgesluit.
Shaun Fouché (1/12 in 6 bb) het twee leë boulbeurte afgestuur, terwyl Ben Shikongo (1/38 in 9 bb) en Dewald Nell (0/15 in 6 bb) ook ekonomies was.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie