O.20-groep begin werk aan taak

Rugby
Andrew Poolman
Andrew Poolman – Spelers wat hy vooraf nie geken het nie, het by die proewe hul kanse aangegryp en selfs vanuit die oggend se F- en G-spanne gevorder om hul kleim af te steek.

So het die Namibiese o.20-rugby-afrigter, Jood Opperman, Saterdag ná afloop van die nasionale proewe in Windhoek gesê.

Die Namibië Rugby-unie (NRU) het gister sy oefengroep van 35 spelers aangekondig wat reeds vandeesweek in erns begin voorberei op die land se deelname aan die Rugby Afrika Barthés o.20-toernooi wat van 25 Maart tot 4 April voorlê.

By die toernooi in Nairobi sal die gasheer en titelhouer, Kenia, en Namibië weer die gunstelinge wees om verby Madagaskar en Senegal te vorder en mekaar in die finaal te ontmoet.

Namibië se doelwit is om sy plek boaan dié kompetisie te herwin en weer sy plek te bespreek na die Wêreldrugby O.20 Trofee later vanjaar.

Opperman se taak is nou om in die oorblywende weke saam met Sergio de la Harpe (krag en kondisionering), wat ook met die agterlynspel leiding gee, en spanbestuurder Jacky Husselmann 'n fikse en georganiseerde eenheid te ontwikkel.

Die groep bevat verskeie spelers wat die land tevore by die SA o.18-Akademieweek en Grant Khomo o.16-week verteenwoordig het.

Die oefengroep waaruit die toerspan (waarskynlik 25 of 26) gekies sal word:

Stutte: Ernst Lowe (Windhoek), Herschell van Wyk (Rehoboth), Bernd Beddies (Walvisbaai), Lucky Mauha (Outjo), Harry Ngasia (Grootfontein).

Hakers: Upahee Muhuura (Windhoek), Frikkie Engelbrecht (Tsumeb), Friedrich Grobbelaar (Tsumeb).

Slotte: Zander Bronkhorst (Windhoek), Riaan Grové (Windhoek), Itungua Rukoro (Windhoek), Vihan Scholtz (Windhoek).

Flanke: Dhale Cloete (Windhoek), Ethan Rittmann (Rehoboth), Rowan Jansen (Windhoek), Sheron Rossouw (Windhoek), Riaan van Zyl (Windhoek), Alexander Jansen (Walvisbaai).

Agtstemanne: William James (WJ) Otto (Grootfontein), Ray-Eez Dwayne Feris (Rehoboth).

Skrumskakels: Oela Blaauw (Keetmanshoop), Tyrese de Wee (Windhoek), Brian Bayer (Rehoboth), Christopher Deck (Grootfontein).

Losskakels: Samuel Poulton (Keetmanshoop), Raschano van Rooi (Windhoek), Geraldo Beukes (Windhoek).

Senters: Kian Ethan Fransman (Walvisbaai), Niel Holtzhausen (Outjo).

Vleuels: Wilmar du Toit (Aranos), Liam Louw (Windhoek), Maandero Haimbodi (Windhoek), Franklin Karigeb (Windhoek).

Heelagters: Jeandré Loubser (Rehoboth), Kenan Walters (Rehoboth).

Spelers op bystand: Renier van Zyl (Tsumeb), Kobus Wilders (Windhoek), Wian Geldenhuys (Tsumeb), Lyle Beukes (Windhoek), Benjamin Boshoff (Tsumeb).

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer