O.20-groep in die kollig as vooruitsigte

Vanjaar se Afrika-toernooi wink opnuut as 'n afspringplek vir die volgende geslag om hul hand vir hoër louere op te steek.
Andrew Poolman
Andrew Poolman – Die nuut aangestelde afrigter Chrysander Botha se voorlopige oefengroep van 45 spelers is aangekondig wat sal voorberei om Namibië vanjaar in Rugby Afrika se Barthes onder 20-toernooi te verteenwoordig.

Die Namibië Rugby-unie (NRU) is in hul skik met die feit dat 72 spelers laas naweek aan die proewe in Windhoek deelgeneem het. Hieruit is 45 spelers uitgesoek wat sal voorberei vir die genoemde toernooi wat vanjaar weer in Kenia se hoofstad Nairobi aangebied sal word.

Die datum van die toernooi moet ook ook nog bevestig word. Rugby Afrika moet volgens een van sy nuutste wysigings ook nog die vensterperiode bevestig van geboortedatums vir spelers wat as onder 20 sal kwalifiseer – 'n gedeeltelike motivering dat die NRU die ietwat groter oefengroep (45) as normaalweg aangekondig het.

In hul finale spankeuse van 'n toergroep sal Botha-hulle ook rekening moet hou met die reël wat Rugby Afrika in 2019 bygevoeg het, naamlik dat geen deelnemende span meer as vier spelers mag bevat wat hul rugby buite die landsgrense speel nie.

Dié byvoeging was 'n kwalik bedekte klap na Namibië, wat tevore die kompetisie toenemend oorheers het en ruim gebruik gemaak het van sy jongmanne wat óf in Suid-Afrika studeer óf provinsiale junior rugbykontrakte het. In rugbyterme is dié beperking ewe belaglik as om aan afrigters soos Rassie Erasmus, Eddie Jones of Ian Foster voor te skryf dat hulle net soveel spelers uit die buiteland vir die Wêreldbeker mag oproep.



OORBEGIN

Nadat Covid-19 die laaste twee jare se o.20-toernooie van Rugby Afrika in geheel uitgevee het sonder dat enige fluitjie geblaas is, is die hoop dat Botha se span die vertroue in die gehalte van die volgende geslag Namibiese rugbyspelers kan herstel.

In 2019 het Kenia op sy tuisveld die Afrika-toernooi naelskraaps teen Namibië gewen en is dus steeds die heersende titelhouer.

Laas jaar het Namibië reeds sy o.20-groep aangekondig toe die toernooi weens Covid-19-vlakke gesneuwel het.

Van laas jaar se aangewese toergroep van 25 sou die stutte Lucky Mauha en Jano Otto, die Noorde-hakers Frikkie Engelbrecht en Friedrich Grobbelaar, die slot/flank Riaan Grové, losvoorspelers Rowan Jansen en Alexander Jansen, skrumskakels Oela Blaauw en Brian Bayer, losskakels Raschano van Rooi en Geraldo Beukes asook die senter Niel Holtzhausen lede gewees het, wat nou steeds in die kwalifiserende groep is.

Die o.20-span het die afgelope jare as 'n goeie afspringplek gedien vir uitblinkers om (soms selfs binne dieselfde jaar) raakgesien te word om in senior toetsrugby blootgestel te word.

As die nuutste voorbeeld hiervan het die stut Herschell van Wyk (Windhoek Gimnasium, Namibië o.18, FNB Wanderers) verlede jaar se o.20-groep gehaal en het in November op heel skaflike wyse sy toetsdebuut in die oorwinnings teen Kenia en Zimbabwe op Stellenbosch gemaak.

Die uitgebreide o.20-oefengroep is:

STUTTE (7):

Jorries Afrikaner (WHS), Bernd Beddies (Tsumeb Gimnasium), Johann Brockman (Windhoek Affies, Oranjemund-rugbyklub), Dominic Diedericks (Trustco United), Feliciano Lucky Mauha (Moria Privaatskool), Jano Otto (Walvisbaai Privaat Hoërskool, United), Iyambo Tshuuya (Windhoek Hoërskool).

HAKERS (4): Frikkie Engelbrecht (Tsumeb Gimnasium, Luiperds), Friedrich Grobbelaar (Tsumeb Gimnasium, Grootfontein-rugbyklub), Upahee Muhuura (HTS), Franko Pearson (WHS).

SLOTTE (5): Lister Cochrane (Tsumeb Gimnasium), Christiaan de Sousa (Moria Privaatskool), Conville Draghoender (Rehoboth-rugbyklub), Shuuveni Imbondi (HTS Windhoek), Henri Rossouw (Walvisbaai Privaat Hoërskool, Sparta).

LOSVOORSPELERS (8): Luca Cindano (WHS), Cody Dentlinger (Dr Lemmer Hoërskool), Ray-Eez Feris (Dr Lemmer Hoërskool, Rehoboth-rugbyklub), Riaan Grové (WHS, Rugby Travel Academy), Alexander Jansen (Walvisbaai Privaat Hoër­skool, Kudus), Rowan Jansen (WHS, Western Suburbs), Joe Losper (WHS), Gregory Namaseb (Kudus).

SKRUMSKAKELS (3): Brian Bayer (Dr. Lemmer Hoërskool, Unam), Oela Blaauw (Paarl Gimnasium, Wanderers), Enrique Husselmann (WHS, Reho Falcon).

LOSSKAKELS (5): Dhaamin Bassardien (Agri College, Grootfontein-rugbyklub), Geraldo Beukes (Kudus), Nathan Isaacs (Kudus), Ethan Koopman (Windhoek Gimnasium, Unam), Adriaan Steenkamp (Moria Privaatskool, Rugby Travel Academy).

SENTERS (6): Darren Beukes (Kudus), Jonathan Hanekom (Windhoek Affies), Niel Holtzhausen (Moria Privaatskool, Grootfontein-rugbyklub), Patrick Karsten (WHS, United RC, Michael Tjazerua (Kudus), Raschano van Rooi (WHS, Unam).

VLEUELS EN HEELAGTERS (6): Owen Hawanga (Windhoek Gimnasium), Quirione Majiedt (WHS), Keanan Januarie (Unam), Hendrick van Schalkwyk (Delta), Constantine Mazibuko (WHS), Janes van Zyl (Moria Privaatskool, Grootfontein-rugbyklub), Bavin Kotzee (SS De Duine, Kudus).

FOTO’s Hesron Kapanga, Nampa
Gregory Namaseb, ’n losvoorspeler van Kudus op Walvisbaai, het goed gevaar by die proewe.
Die vleuel Owen Hawanga.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!