O.20's behoort Senegal af te breek
O.20's behoort Senegal af te breek

O.20's behoort Senegal af te breek

Op papier is Namibië die volslae gunsteling, hoewel behoorlike samespel een van hul uitdagings kan wees.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die eerste tree om die reg te verwerf om later vanjaar na Brasilië te toer, begin vandag vir die Namibiese o.20-rugbyspan met 'n kragmeting teen Senegal.

Die wedstryd in Nairobi, Kenia, se plaaslike afskoptyd is 13:30 (12:30 Namibiese tyd). Onmiddellik daarna speel Kenia teen Tunisië.

Saterdag speel die twee verloorspanne teen mekaar, voor die finaal tussen vandag se twee wenspanne.

Afrigter Johan Diergaardt het gister 'n gedugte beginspan aangekondig van wie nege verlede jaar ook die nasionale junior span verteenwoordig het.

Afgesien van 'n opwarm-oefensessie teen die klubspan FNB Unam voor hul vertrek, sal vandag die eerste werklike toets vir die Namibiese o.20's se samespel wees.

Dit is egter moeilik om jou in te dink hoedat Senegal vir 80 minute weerstand gaan bied. Senegal en Tunisië is uit die B-toernooi bevorder in die plek van Zimbabwe en Madagaskar, wat by verlede jaar se A-toernooi in Windhoek op die eerste dag verloor het. Al het Zimbabwe net met 17-27 teen Namibië verloor en daarna vir Madagaskar met 100-15 vermorsel het, moes beide vanjaar na die B-toernooi afskuif.

Senegal se senior toetsspan het tevore twee keer nael­skraap teen Namibië verloor (10-13 in Dakar in 2008 en 18-20 in Antananarivo vier jaar later), maar in die laaste ontmoeting in 2017 in Windhoek het Rohan Kitshoff se manne met 95-0 hul neuse in die grond gevryf.

Die prys wat vandeesweek vir die o.20-spanne op die spel staan, is om te kwalifiseer vir die Wêreldrugby Onder 20 Trofee-toernooi wat in Juliemaand in Brasilië aangebied word. Namibië is sedert 2013 onafgebroke die Afrika-verteenwoordiger op hierdie hoër vlak.

Namibië o.20 (oorblywende lede van verlede jaar met * aangedui): 15 Delron Brandt *, 14 Darryl Wellman *, 13 Le Roux Booysen, 12 Sarel Louw, 11 Elmarco Beukes *, 10 Denzo Bruwer *, 9 Jacques Theron *, 8 Amutenya Amutenya, 7 Roaldo Rittmann, 6 Gilad Plaatjies (kaptein) *, 5 Brendan Nortjé, 4 Adriaan Venter *, 3 Gerhard Opperman *, 2 Shaun van Wyk, 1 Chris Swanepoel *.

Reserwes (16-23): Chemigan Beukes, Adriaan Esterhuizen, Bjorn Asmundsson, Martinus Nekundi, Francois Visagie, Willon du Plessis *, Lincoln Beukes, Aljarreau Zaahl.

• In Windhoek word die Khomasstreek se o.16- en o.18-proewe komende Saterdag vanaf 09:00 in HTS se rugbyveld gespeel. Alle spelers met Namibiese burgerskap en wat in die kalenderjare 2003-2004 (o.16) of 2001-2002 (o.18) gebore is, kom in aanmerking vir die proewe. Belangstellendes word aangemoedig om via hul skool aan te meld, of direk na Algenic de Klerk by 081 845 7552.

Die Khomas-proewe is in die aanloop tot die nasionale proewe vir beide ouderdomsgroepe wat op 7 en 8 Mei by die Hage Geingob-stadion sal plaasvind.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!