O.20’s: Waar 'n wil is, is 'n weg

Afrigter James Britz vertrek môre met 26 spelers na die kontinentale kampioenskap.
Die Jong Warriors sokkerspan wil graag met hul debuutverskyning by die 2021 onder 20 Afrika-Nasiesbeker (Afcon) in Mauritanië die beste moontlike uitslag behaal.

Die groep vertrek môre na die toptoernooi wat op 14 Februarie in Nouakchott, die hoofstad, en Nouadhibou afskop en wat tot 6 Maart duur wanneer die finaal gespeel word. Die toernooi is vir die eerste keer tot 12 lande uitgebrei, eerder as agt.

James Britz, hoofafrigter van die Jong Warriors, sê sy span wil graag die nasie trots maak deur die kampioenskap te wen.

“Ons maak ons debuut in die kompetisie en dit is ons plig om met dié groep spelers geskiedenis te maak. Die span het in Desember bo verwagting goed by die Cosafa-toernooi gevaar en in die eindstryd verloor. Nou is daar nog 'n kans vir ons om die nasie trots te maak.

“Dit gaan nie maklik wees nie, maar ek glo in my spelers se vermoëns. Daar is hope talent in die span en almal het bitter hard gewerk om dié mylpaal te bereik. Die jongmanne sal hul bes doen om die wêreld te wys waartoe hulle in staat is,” het die breier entoesiasties vertel.

Britz het die kern van die span behou wat in Desember in Port Elizabeth die Cosafa-finaal gehaal het. Hy het Desembermaand 20 spelers uit verskillende streke by sy oefengroep betrek. Britz sê tien van die spelers is by sy groep van 29 gevoeg. Net 26 spelers sal môre na Mauritanië reis.

“Die uitslae van Covid-19-toetse word nog afgewag en daarna sal ek die finale 26 kan aankondig. Om verlede jaar se momentum te behou, is dit van kardinale belang om die basis van die Cosafa-finaliste op die spanlys af te merk. Met die nuwe toevoegings tot die span, behoort ons van krag tot krag te gaan.

“Dit is 'n nuwe uitdaging in vreemde omstandighede, maar ons sal gefokus en gereed wees,” het Britz beloof.

Die Jong Warriors sal eers van Namibië na Ethiopië vlieg en daarna in Mali aandoen, voordat hulle in Mauritanië land.

Mnr. Franco Cosmos, sekretaris-generaal van die Namibiese Sokkervereniging, sê: “Dit is verpligtend vir spanne om etlike dae voor die toernooidatum te arriveer. Ons speel op 15 Februarie ons eerste wedstryd. Dus is dit belangrik vir die spelers om so gou as moontlik daar te arriveer om te akklimatiseer,” het hy gesê.

Namibië is in groep B saam met Tunisië, Sentraal-Afrikaanse Republiek (CAR) en Burkina Faso. Die CAR is Namibië se eerste opponent op 15 Februarie, drie dae later gevolg deur Tunisië en Burkina Faso op die 21ste in Nouakchott.

Die kwarteindstryde is op 25 en 26 Februarie, terwyl die semifinale op 1 Maart gespeel word en die eindstryd op 6 Maart by die Stade Cheikha Ould Boïdiya-stadion.

Die 29 spelers is (26 sal toer): Tully Nashixua, Immanuel Hamunyela, Denzil Narib, Pitsi Ameb, Romeo Amon, Xavier McClune, Edmar Kamatuka, Carl Tjipe Karuuombe, Rio Goagoseb, Ronin Brendt, Amazing Kandjii (almal Khomas), Steven Damaseb, Prins Tjiueza, Promise Gurirab, Herman Uwuseb, Tuhafeni Ananias, Gerson Paulus (almal Erongo), Ngazikue Kandetu, Ruhuka Ngatangwe (almal Omaheke), Mwanyekange Matheus (Omusati), Josef Erastus (Oshana), Juninho Jantze (Hardap), Eubrahim Apollus (||Kharas), Giovani Kaninab, Gonzales Tsuseb (Kunene), Ngero Katua, Garere Damaseb, Jovane Narib, Phillip Joseph (Otjozondjupa).

– www.nfa.org.na

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!