O.23-span droom om Tokio 2020 te haal
O.23-span droom om Tokio 2020 te haal

O.23-span droom om Tokio 2020 te haal

Afrigter Ronny Kanalelo se span het 'n groot taak voor hulle.
Namibië se o.23-mans sokkerspan se visier is daarop ingestel om vir die 2020 Olimpiese Spele in Tokio te kwalifiseer. Hul veldtog gaan volgende maand teen Angola afskop wanneer die twee buurlande mekaar om kwalifikasie vir die 2019 Afrika Nasiebekertoernooi in Egipte pak.

Namibië sal Angola op 16 November besoek, voordat hy vier dae later die gasheer vir die Angolese in die Sam-Nujoma-stadion sal wees.

Ronnie Kanalelo, hulpafrigter van die Tafel Lager Brave Warriors, is as afrigter die taak opgelê om die jong manne verby die Angolese aanslag te stuur.

Erastus Someno, spanbestuurder van die o.23-span, verduidelik hoekom sekere spelers nog nie vir die oefenkamp opgedaag het nie. Die span se fiksheid wat nogal onder verdenking was, is glo besig om stadig maar seker te verbeter.

“Ons is tans besig met 34 spelers in 'n oefenkamp, maar Petrus Kamati en Hubert Mingeri het weens eksamenverpligtinge nog nie by ons aangesluit nie en sal eers (vandag) hier aankom. Dan is Moegamat Davids in Brittanje vir klubproewe en hy behoort Maandag op die laatste by ons te wees.

“Die manne se fiksheidpeil is reeds strate beter as 'n rukkie gelede. Ons oefensessies verloop seepglad en aandag word gegee om alle aspekte te verbeter,” het die bestuurder verduidelik.

Die wenner tussen Namibië en Angola sal in die tweede kwalifiserende ronde teen Suid-Afrika te staan kom. Die wenner tussen die RSA, Namibië en Angola sal op sy beurt kragte teen die wenner van die stryd tussen Zimbabwe, eSwatini en Mosambiek meet.

Die oefengroep bestaan tans uit 37 spelers, maar sal die naweek tot 25 verminder word. Net 20 spelers sal na Angola vir die botsing reis, terwyl vyf as nie-reisende reserwes gekies word. Kanalelo word deur sy tegniese span van Quentin Visagie en Collin Benjamin ondersteun.

Net sewe plekke is by die 2019 Afrika Nasiebeker beskikbaar, waar Egipte as gasheer outomaties kwalifiseer.

Die eerste drie spanne in die Afrika-toernooi sal die eer hê om die vasteland vanaf 8 tot 22 November by die 2020 Olimpiese Spele te verteenwoordig.

Die Namibiese oefengroep is Wisely Kauua, Baloyi Macaulay, Kamati Petrus, Aprocius Petrus, Amenenge Paulus, Kambato Uetuuru, Giovanni Nauseb, Tani-­Tani Berline, Moegamat Davids, Israel Shikongo, Hubert Mingeri, Romeo Kasume, Anthony Kham, Romario Hawiseb, Lubeni Haukongo, Calvin Spiegel, Ronaldo Reward, Rivaldo Festus, Kennedy //Eib, Brandon //Neibeb, Bonifatius Paulino, Kantori Jombie, Hiha Katjivena, Tjimune Uzuva-Vipua, Enzo Mungendje, Jandjamuje Maharero, Tuhafeni Leonard, Reginald Willemse, Evans Kufanga, Brendon Kotungondo, Bonifatius Paulino, Venovineya Tjikundi, Mervin Kasetura, Michael Kamuserandu, Givone Boois, Rivaldo Laksmann, Paul Kotjipati. - www.NFA.org.na

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!