O&L deel geluk uit dié Kersfees
Yandi du Plessis - Die Olthaver & List (O&L)-groep het onlangs hul jaarlikse Kerspartytjie vir wees- en kwesbare kinders gehou.
By die 13de aanbieding van dié geleentheid is ‘n groep van 430 kinders van die Laerskool Dr. Abraham Iyambo met roomys, kolwyntjies, springkastele en waterglybane bederf en natuurlik met ‘n besoek van Kersvader wat aan elkeen ‘n geskenkpakkie oorhandig het. Dié het tot die kinders se groot vermaak in ‘n bloedrooi Jeep opgedaag.
Die Kerspartytjie is deel van O&L se korporatiewe sosiale verantwoordelikheid-program en hulle beoog hiermee om glimlagte op die kinders se gesigte te sit tydens dié spesiale tyd van die jaar.
Mnr. Martin Theron, besturende direkteur van O&L se Sentrum van Uitnemendheid, het die groep toegespreek en gesê hul agenda is om vir die kinders ’n toekoms te skep en ook om hul lewenskwaliteit te verbeter. Elke jaar word ‘n groep van ongeveer 400 kinders gekies om ‘n bietjie Kersbederf te ontvang.
“Ons gee die kinders ’n Kersfees met alles waarvan hulle kan droom,” het me. Vanessa Moya, organiseerder van die geleentheid, gesê.
In die geskenkpakkies was skyfies, koekies, koeldrank, lekkergoed en boeke vol prettige aktiwiteite, alles geborg deur O&L se filiaalmaatskappye, wat onder meer NBL, Pick ‘n Pay en Milky Lane insluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie