O&L: Dissipline en leierskap is sukses
Dié Namibiese maatskappy beoog om van die beste ter wêreld te wees.
Augetto Graig
Die Ohlthaver & List-groep het gister 'n eeu van sukses gevier.
Mnr. Sven Thieme, voorsitter van die groep, het die groep se Visie 2025 tydens gister se vieringe gedeel.
O&L, soos die groep maatskappye beter bekend is, beplan om binne die volgende ses jaar een van die top-25 maatskappye om voor te werk ter wêreld te wees.
Die groep wil teen 2025 'n inkomste van N$4 miljard 'n jaar lewer.
Laas jaar het hulle die N$750 miljoen-kerf bereik, wat Thieme as “'n vertoning bo verwagtinge” beskryf het.
O&L sal werksgeleenthede vir 10 000 Namibiërs skep – betekenisvol meer as die meer as 6 300 werknemers vandag.
Dit is die gehalte van sy werksmag wat O&L sy ambisies laat bereik, sê Thieme.
Hy sê hulle het vanjaar N$50 miljoen aan leierskapsopleiding bestee.
“Goeie dissipline en leierskap beteken sukses,” sê hy.
Die maatskappy sal teen 1 November verseker elke werknemer behoort aan 'n mediese fonds.
Volgens mnr. Berthold Mukuahima, O&L se menslike hulpbronnedirekteur, sal die groep pa staan vir die volledige bydrae tot die minimum mediese dekking vir werknemers wat dit nie kan bekostig nie, terwyl hy die helfte van die res se bydrae sal dek.
“'n Behuisingsinisiatief is ook op ons radar,” het Mukuahima gesê.
O&L poog om werknemers saam met Forbes en ander Amerikaanse kundiges in leiers te omskep.
“Ons sien ons verantwoordelikhede duidelik op die pad vorentoe,” het die groep se uitvoerende hoof, mnr. Wessie van der Westhuizen, gesê.
“Verder as sukses lê die groter prentjie – Namibië,” het Van der Westhuizen gesê.
“Niks kan gebeur as jy nie die regte mense het nie,” het Thieme gesê.
O&L beplan om sy eie toep vir leierskapontwikkeling van stapel te stuur.
Die groep het onlangs 'n herstruktureringsproses ondergaan om vernuwing aan te moedig en geleenthede beter te kan benut.
Thieme het ook melding gemaak van die beplande kweek van groente op groot skaal, hidroponiese stelsels, perlemoenproduksie en ontsouting.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie