O&L-groep voel Covid-19-skokgolwe
Die O&L-groep moes drastiese stappe neem om die skade van die pandemie so ver as moontlik te beperk.
Die Ohlthaver & List (O&L)-groep is een van Namibië se grootste privaatsektor-maatskappye en is verantwoordelik vir byna 4% van die lande se bruto binnelandse produk (BBP). Die groep het 6 500 Namibiërs in hul diens.
In ‘n mediaverklaring sê die uitvoerende bestuurslede van die groep die land verstaan op die oomblik nie die impak wat Covid-19 op Namibië en die res van die wêreld het nie, maar gaan in die toekoms die impak voel.
“Hierdie krisis is nog lank nie verby nie. Ons kan maar net kyk na hoe die toerismebedryf byna oornag in duie gestort het. Neem ook in ag baie Namibiese besighede in verskeie nywerhede het reeds gesukkel. Die ernstige ekonomiese- en sosiale skade wat op die verlengde inperking en die globale impak van Covid-19 gaan volg, is onafwendbaar” sê mnr. Sven Thieme, uitvoerende voorsitter van dié groep.
Net soos baie ander Namibiese maatskappye het die O&L-groep reeds voor Covid-19 strategieë in plek gesit om die ekonomiese krisis te oorleef.
“Met dié dat O&L ‘n 100 jaar oue familiebesigheid is met ‘n liefde vir Namibië en sy mense, is ons 2025 visie verlede jaar van stapel gestuur, waarmee ons beoog om 10 000 werksgeleenthede te skep. Dit was dus ‘n baie moeilike besluit wat ons einde verlede jaar moes neem om korttermynbesnoeiings te maak ter wille van toekomstige volhoubaarheid en werkskepping. In daardie stadium het ons nog nie geweet omstandighede sou nog vererger nie, aangesien daar nog nie sprake van Covid-19 was nie,” sê Thieme verder.
Mnr. Wessie van der Westhuizen, uitvoerende hoof van O&L, voeg by: “Covid-19 het ‘n situasie wat reeds ernstig was, vererger. Sosiale afstand en beperkings soos die landswye inperking benadeel ons werksaamhede, en met die drastiese afname in ons omset en ons behoefte om soveel mense as moontlik in diens te hou, het ons nie veel van ‘n keuse nie, ons moet aanpas en die nodige maatreëls implementeer om dié krisis te oorleef. Ons moedig personeel aan om gedurende die inperking van die huis af te werk en waar dít nie moontlik is nie, doen ons ons bes om te verseker dat hulle steeds ‘n billike inkomste verdien om vir hulle gesinne te kan sorg. Ons moes dus drastiese aanpassings maak in ons manier van besigheid doen en die groep se uitgawes besnoei, wat salarisvermindering vir die topbestuur ingesluit het. Ons moet besef dinge het verander. Wat eens ons werklikheid was, is nou iets van die verlede en ons toekoms hang van ons vermoë af om ons besigheid volgens ons doel aan te pas. Ons moet met beter idees vorendag kom, meer innoverend wees, saamwerk, geleenthede raaksien en aanpassings en opofferings maak.”
“Die wêreld het verander en almal moet vinnig aanpas. Kleiner salarisse is maar net van die opofferings wat besighede en die regering moet maak. Niemand sê dit gaan maklik wees nie, maar ons het nie ‘n keuse nie. Dit is ons morele plig teenoor ons mense, ons gemeenskappe en ons land om alles wat moontlik is te doen om dié krisis te oorleef. Ons kan saam aan die toekoms bou,” het Thieme afgesluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie