OB se verslag oor Madiba-begrafnis kom
Jana Marx - Die openbare beskermer (OB) in Suid-Afrika sou gister (Maandag) haar bevindings bekend maak oor die beweerde wanbesteding van geld vir oudpres. Nelson Mandela se gedenkdiens en begrafnis in 2013.
Adv. Busisiwe Mkhwebane (OB) sou die media in Pretoria toespreek.
Die verslag volg op ’n ondersoek na aantygings van wanbesteding van staatsgeld en die onbehoorlike optrede en wanadministrasie deur onder meer die Oos-Kaapse provinsiale regering en ander staatsentiteite toe diensverskaffers aangestel is vir die gedenkdiens wat op 10 Desember 2013 by die FNB-stadion in Johannesburg gehou is en vir die begrafnis wat op 15 Desember 2013 in Qunu in die Oos-Kaap gehou is.
Thuli Madonsela, voormalige OB, het in 2016 met die ondersoek begin.
Verskeie Oos-Kaapse munisipaliteite het na bewering byna R65 miljoen bestee.
’n Verslag het in Mei 2016 getoon dat R22 miljoen aan T-hemde, kos en vervoer bestee is.
Die ANC het deurgaans ontken dat die regering geld wanbestee het. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie