Obama belowe hulp om ploftoestelle op te ruim
Laos
Met erkenning aan die naskokke van die Viëtnam-oorlog, het pres. Barack Obama gister hulde aan die oorlewendes gebring wat vermink is deur meer as 80 miljoen onontplofde bomme wat Amerika dekades gelede op Laos afgegooi het.
Hy het onderneem dat Amerika nagenoeg US$90 miljoen oor die volgende drie jaar sal bestee om te help om dit op te ruim.
Ongeveer 20 000 mense is sedert die einde van die oorlog in ontploffings van ou bomme dood of beseer.
’n Halfeeu gelede het Amerika Laos die geskiedenis se mees gebombardeerde land gemaak, en nagenoeg 2 miljoen ton plofstof in ’n koverte nege jaar lange operasie van die Viëtnam-oorlog afgegooi.
Obama is die eerste Amerikaanse president om Laos te besoek.
Ondertussen het die Filippynse president, Rodrigo Duterte, om verskoning gevra omdat hy Obama Dinsdag ’n “son of a b***h” genoem het. - Nampa/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie