Obama in Saoedi-Arabië om veiligheid te bespreek
Pres. Barack Obama het gister topamptenare van ses Arabiese nasies ontmoet om kwessies rakende vrede in die Persiese Golf-streek, insluitende die stryd teen die Islamitiese Staat-groep (IS), te bespreek.
Die vergaderings in Rijad moet voortbou op ’n soortgelyke spitsberaad wat verlede jaar by Camp David, die Amerikaanse president se vakansiewoning in Maryland, plaasgevind het.
Die byeenkomste in Rijad is ’n aanduiding dat die Withuis skeptiese Midde-Oosterse bondgenote opnuut wil verseker en koördineer. Hierdie bondgenote het ernstige bedenkinge oor Obama se uitreiking na Iran en die Amerikaanse beleid oor die voortslepende burgeroorlog in Sirië.
Met die aanvang van die verrigtinge in ’n weelderige vergadersaal in die Dirija-paleis, het leiers oor koeitjies en kalfies gepraat, vir die kameras geglimlag, maar geen opmerkings gemaak nie.
Die Amerikaanse minister van verdediging, Ash Carter, die minister van buitelandse sake, John Kerry, die nasionale veiligheidsraadgewer, Susan Rice en die direkteur van die CIA, John Brennan, het ook die vergadering bygewoon.
Die spitsberaad volg op bilaterale gesprekke wat Obama Woensdag met die Saoedi-koning, Salman, gehad het kort nadat hy in die koninkryk aangekom het. Benewens Saoedi-Arabië is die Verenigde Arabiese Emirate, Koeweit, Oman, Katar en Bahrein ook deel van die spitsberaad.
Saoedi-Arabië, die Emirate en ander Golf-lande deel Amerika se sentiment dat IS-militante ’n bedreiging is en het hulle aangesluit by die Amerikaanse geleide bombarderingveldtog teen die groep. Hulle wil egter hê dat Amerika meer moet doen om die Siriese president, Basjar Assad, uit die kussings te lig.
Die Golf-state is ook uiters skepties oor Obama se bereidwilligheid om met die magtige Sjiïtiese Iran te onderhandel. Hulle vrees dat verlede jaar se kernooreenkoms met die Islamitiese Republiek tot ’n herbalansering van die magte in die streek, tot hul nadeel, kan lei. -Nampa/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie