Obama spot met sy ore toe hy skildery onthul
Obama spot met sy ore toe hy skildery onthul

Obama spot met sy ore toe hy skildery onthul

Oudpres. Barack Obama van die VSA het die spot gedryf met sy ore en grys hare, maar sy vrou se grasie en skoonheid Maandag uitgelig by die onthulling van die egpaar se amptelike portrette in die Smithsonian-museum se nasionale portretgalery.

Die portrette is deur Kehinde Wiley en Amy Sherald geskilder. Hulle is die eerste swart kunstenaars wat opdrag gekry het om ’n president of sy vrou vir die Smithsonian te skilder.

Op Wiley se skildery sit Obama op ’n bruin stoel met ’n agtergrond van heldergroen blare en kleurvolle blomme.

Michelle Obama is op haar skildery geklee in ’n lang, vloeiende rok met patrone op en sit met haar een hand onder haar ken en die ander oor haar skoot gedrapeer.

Obama, die eerste Amerikaanse president, het Sherald gekomplimenteer op haar portret van Michelle.

“Ek wil jou bedank omdat jy die grasie, skoonheid, intelligensie en sjarme van die vrou vir wie ek lief is, op so ’n skouspelagtige wyse vasgevang het,” het Obama gesê.

Ek het oor kleiner ore probeer onderhandel, maar het ook nie daarin geslaag nie.

Barack Obama

Hy het gesê Wiley, wat sy portret geskilder het, is benadeel omdat sy onderwerp “minder vleiend” is.

“Ek het probeer om te onderhandel oor minder grys hare, maar Kehinde se kunstenaarsintegriteit wou hom nie toelaat om te doen wat ek gevra het nie,” het Obama gesê.

“Ek het oor kleiner ore probeer onderhandel, maar het ook nie daarin geslaag nie.”

Die Obamas het albei hul ontsag vir die portrette uitgespreek en gesê hulle is die eerste mense in hul families wat al vir ’n amptelike skildery geposeer het.

Michelle het gesê sy hoop die portret sal in die jare wat voorlê ’n impak op jong, swart meisies hê.

“Hulle sal opkyk en ’n prent sien van iemand wat net soos hulle lyk wat aan die mure van hierdie grootse Amerikaanse instansie hang,” het sy gesê.

Die portretgalery se tradisie om die presidensiële portrette te laat skilder, het by pres. George HW Bush begin.

Ander portrette is op veilings of op ander maniere gekoop of aan die galery geskenk. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!