Obama spreek laaste mediakonferensie toe
Obama spreek laaste mediakonferensie toe

Obama spreek laaste mediakonferensie toe

Die uittredende Amerikaanse president het joernaliste Woensdag in die Withuis te woord gestaan.
Estelle de Bruyn
Dit is in die wêreld se belang dat Amerika en Rusland goeie betrekkinge het, maar Rusland se “opponerende houding” onder pres. Vladimir Poetin maak dit moeilik.

So het pres. Barack Obama Woens­dag op sy laaste mediakonferensie as president gesê.

“Ek dink dit is in Amerika se belang, in die wêreld se belang, dat ons 'n konstruktiewe betrekking met Rusland het.”

Obama het ook gesê hy is bekommerd dat die kans op 'n moontlike oplossing in die konflik tussen Israel en Palestina kleiner word met 'n ­groeiende ­Israeli-nedersetting op die Wesbank.

“Die groei van nedersettings skep 'n realiteit op grondvlak wat dit vir 'n tweestaatoplossing toenemend onmoontlik maak.”

Obama het gesê sy besluit om Chelsea Manning, voormalige militêre intelligensie-ont­leder, se tronkstraf van 35 jaar tot sewe jaar te verkort, is nie 'n aanduiding van groter genade teenoor diegene wat geheime inligting uitlap nie. Obama het gesê dit het sin om Manning se vonnis te verkort, want sy is verhoor en het verantwoordelikheid vir haar dade aanvaar.

“Ek voel gemaklik dat geregtigheid geskied het.”

Manning het sowat 700 000 dokumente, video's, diplomatieke ­boodskappe en inligting oor die slagveld in Irak aan WikiLeaks in 2010 uitgelap. Dit is die grootste oortreding van sy soort in die Amerikaanse geskiedenis.

Obama het gesê Manning se vonnis is “disproporsioneel” relatief tot wat ander mense gevonnis is wat inligting uitgelap het. Die strafversagting het niks te make gehad met Julian Assange, WikiLeaks-stigter, nie wat verlede Donderdag getwiet het hy sal ­uitlewering aan die VSA aanvaar, waar WikiLeaks ondersoek word, as Manning vrygelaat word.

Obama het gesê: “Ek skenk nie baie aandag aan mnr. Assange se twiets nie.”

Die Withuis het Dinsdag gesê Manning se vonnis sal op 17 Mei ten einde loop.

– Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!