Oc Ebs kook nie sag

Die jongste speler op die plaaslike komedieveld is ’n wegholsukses wat gehore laat skreeu van die lag.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die show begin met ’n klimaks toe die omstrede nuusleser-cum-pornoster Leonard Witbeen as MC verskyn.

En dan volg ’n onmiddellike bonus wat niemand sien kom het nie – die reeds veelvlakkige Witbeen en die plaaslike R&B-sensasie Micheal Pulse sing ’n debuutenkelsnit.

Dis glo die eerste keer in die geskiedenis van die Warehouse-teater dat ’n kunstenaar dit kon regkry om twee opeenvolgende uitverkoopte shows te hê.

Dié kunstenaar is ’n stuitige huiswerker oorspronklik uit die verre Suide met die naam Oc Ebs.

Sy is die alter ego van die vlugkelner Milton Hochobeb, oftewel Xuro Milton, en het met haar aanlyn buiging veral op Instagram verlede jaar virtuele gehore gaande.

Haar teaterdebuut was voorverlede Saterdag. Dit het só goed gevaar dat daar besluit is om die afgelope Saterdag weer so te maak.

Ek is dankbaar my halfmarathon-moeë lyf en my warm bed het nie die oorhand gekry nie, want toe ek ’n uur voor die tyd by die teater aankom, was daar ’n lang tou hoopvolles wat ter elfder ure kaartjies probeer kry het. Party mense moes uiteindelik met ’n staanplek teen die teatermuur vir lief neem.

Oc Ebs het aanvanklik afgeskop met agtuurnuusbulletins in die sosiale media wat sy in die gemak van haar kombuis, voorhuis of badkamer lees van ’n flentertjie papier as autocue.

Van heilige koeie is daar geen sprake nie. Tone bly bloederig in die slag.

Onse pres. Hage, omstrede Chinese lenings en die gewraakte 2% kry almal ’n beurt: Die spreekwoordelike draak word doodgesteek.

Niemand bly haar Minora-lem-tong gespaar nie.

Sy is gilsnaaks. Histeries.

Ek was dankbaar dat ek Saterdagaand neffens twee tannies beland het wat ewe hard geskater het sodat ek my nie vir my luide lag hoef te geskaam het nie.

Die “nuus” beslaan net ’n gedeelte van wat sy op die verhoog aanvang.

Geklee in ’n stereotipiese oorpak waarin huiswerkers dikwels getooi is, neem sy die gehoor op ’n reis oor wat alles tuis ontvou terwyl werkgewers by húl werke is.

Onder meer demonstreer sy die ongemaklike posisie waarin sy ’n werkgewer se manlike lewensmaat en die manlike tuinbeampte in die huweliksbed aantref.

Sy verklap ook dié en ander geheime terwyl sy volhou een van haar kenmerke is dat sy ’n geheim dig kan bewaar.

Daar is ’n paar los drade wat met ’n fermer regie- en vervaardigingshand vasgevat kan word om ’n meer vloeiende produksie te verseker.

Dit word dikwels gesê van mense wat uitblink: Hulle kook nie sag nie en onse OC is geen uitsondering nie – sy mág maar!

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!