Ode aan Bacchus
Ode aan Bacchus

Ode aan Bacchus

Dani Booysen
PIETROSSI SKRYF:

Soos die gemsbok hyg na waterpoele,

So smag my siel na jou tafels vol lager

In jou Reinheitsgebot wil ek my ewig versuip

Prozit! O Prozit! My lofsang klink so hol

Wanneer sal ek weer by 'n sjebien kan jol?



Met 'n vrou en kinders saam ingeperk

Ag Bacchus, neem my liewer onder jou vlerk!

Met jou krag sal ek weer wegbreek – toegerus

met my Okapi-mes sal ek weer my pad

oor die Namib se duine vat.



(Hierdie ode se melodie kom net vry,

As ek genoeg van jou Prozit inkry.)

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer