Odinga se 'inhuldiging' lei tot hoogverraadklag
‘n Simboliese inhuldiging van die Keniaanse opposisieleier as president het die regsgeleerde wat die seremonie uitgevoer het, in diep water laat beland.
‘n Regsgeleerde wat van hoogverraad aangekla is weens die simboliese inhuldiging van opposisieleier Raila Odinga as “president van die mense”, het die land verlaat, het ‘n regeringswoordvoerder gesê.
Sy regsverteenwoordiger sê egter hy is gedeporteer.
Miguna Miguna is Vrydag in hegtenis geneem. Hy is borgtog van 50 000 Keniaanse sjielings (US$500) toegestaan, maar het in polisieaanhouding gebly. Dit was nie bekend waar hy hom bevind het totdat hy Dinsdag in ‘n hof in die Kajiado-distrik verskyn het om die klagte teen hom aan te hoor nie.
Miguna het geweier om te pleit en gesê sy saak moet in ‘n hof in Nairobi aangehoor word.
Dinsdag het die hoërhofregter Luka Kimaru opdrag gegee dat alle stappe teen Miguna gestaak word totdat die polisie hom Woensdag voor ‘n hof in Nairobi gebring het.
“Miguna is op pad huis toe. Die hof het beveel dat hy vrygelaat word en daar is gehoor aan die bevel gegee. Hulle het hom selfs met ‘n vliegtuigkaartjie huis toe bygestaan. Let asseblief daarop dat hy op 16 Junie 2017 sy Kanadese paspoort hernu het,” het Nexus, ‘n amptelike regeringsnuusagentskap, op Twitter gesê.
Miguna se regsverteenwoordiger, Nelson Havi, sê Miguna is gedeporteer. Hy het die stap bevraagteken omdat Miguna ook Keniaanse burgerskap het.
“Indien die regering Miguna gedeporteer het, is dit ‘n duidelike skending van die hofbevel wat deur regter Kimaru uitgereik is," het Havi aan KTN News gesê.
Hy het aangedui die regspan sou gister wel in die hof wees om bevestiging te kry van waarom die polisie die hofbevel verontagsaam het.
Miguna was een van die kandidate in die 2017-verkiesing wat vereis het dat hy Keniaanse burgerskap het. – Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie