'Oekrau00efense Boertjie' swaai vuis in Pretoria
'Oekrau00efense Boertjie' swaai vuis in Pretoria

'Oekraïense Boertjie' swaai vuis in Pretoria

Boks
Michael Green - Vlad Sirenko, wat deesdae as die “Oekraïense Boertjie” bekend staan, kan Sondag in Pretoria sy onoorwonne boksrekord behou.

Sirenko se teenstander vir Sondag in Time Square, Rogelio Rossi van Argentinië, is dalk wel sy grootste toets tot dusver in die beroepskryt. Die 23-jarige Sirenko is in Kiëf in die Oekraïne gebore, maar het nog al sy beroepsgevegte in Suid-Afrika gehad.

Hy was eers in Durban gesetel, maar gebruik deesdae Meyerton in Gauteng as sy hoofkwartier. Sy bestuurder is Nefdt Visser, pa van die SA swaargewigkampioen, Ruann. Ruann Visser boks ook Sondag in Pretoria en sy teenstander is Luke Sutherland.

Sirenko is nog onoorwonne ná nege gevegte. Hy het agt van sy gevegte met uitklophoue of tegniese uitklophoue gewen.

Rossi het 20 van sy gevegte gewen en ses verloor met nog een wat gelykop geëindig het. Hy is al in 2011 goed genoeg beskou om teen Marco Huck van Duitsland om die Wêreldboksorganisasie (WBO) se junior-swaargewigtitel te veg. Huck het met ’n uitklophou in die sesde ronde gewen.

Sedertdien het dit nie so goed met Rossi se loopbaan gegaan nie. Hy het in 2012 uitgetree, maar het twee jaar gelede weer met wisselende welslae begin boks. Hy het sy laaste geveg, in Oktober verlede jaar, teen sy landgenoot Christian Fernandez met ’n tegniese uitklophou in die eerste ronde gewen.

Sirenko het sy laaste geveg, op 26 Augustus teen Rocky Kaleng, ook met ’n tegniese uitklophou in die eerste ronde gewen. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!