Oekrau00efne vra Navo om skepe te stuur
Oekrau00efne vra Navo om skepe te stuur

Oekraïne vra Navo om skepe te stuur

Pres. Petro Porosjenko van die Oekraïne het die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) versoek om oorlogskepe na die See van Azof te stuur ná die naweek se konfrontasie met Rusland.

Rusland het Sondag op drie vlootskepe van die Oekraïne beslag gelê. Skote is afgevuur en talle vlootbemanningslede is gewond.

Die voorval het voorgekom naby die Krim, wat in 2014 deur Rusland van die Oekraïne geannekseer is.

Porosjenko het aan Duitsland se Bild-koerant gesê hy hoop Navo-lidlande, wat Duitsland insluit, kan skepe ontplooi “om Oekraïne te help en veiligheid te bied”, berig BBC.

G20-BERAAD

Intussen het pres. Wladimir Poetin van Rusland Woensdag ’n dreigement deur pres. Donald Trump van Amerika om ’n beplande vergadering met Poetin tydens die G20-beraad in Buenos Aires tussen hulle af te stel, afgemaak en Porosjenko daarvan beskuldig dat hy die krisis orkestreer.

Verskeie senior Europese politici het egter die moontlikheid geopper vir nuwe sanksies teen Rusland om hom vir die voorval te straf. Die Weste vrees Sondag se voorval kan wyer konflik veroorsaak.

Navo het sy “volle ondersteuning” aan Oekraïne, wat nie ’n lid is nie, gebied.

In ’n onderhoud met Bild het Porosjenko Poetin daarvan beskuldig dat “hy Azof wil beset”. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!