Oempamusiek en groot vertoon by Wika
Oempamusiek en groot vertoon by Wika

Oempamusiek en groot vertoon by Wika

Ronelle Rademeyer
Die hofnarre neem weer die stad van Windhoek op horings met ’n blaasorkes uit Duitsland wat die hoofstad gedurende Wika 2014 besoek. Oempamu­siek en groot vertoon sal weer die aktiwiteite van vanjaar se Windhoek Karnaval (Wika) kenmerk.
Die 62ste herdenking van Namibië se oudste karnavalgemeenskap het Saterdag om 11:00 begin met die tradisionele Bivak wat vanjaar by die SKW sal plaasvind as gevolg van die bouwerk by die Auas Valley-inkoopsentrum wat gewoonlik as gasheer vir die Bivak optree.
“In 2014 kan Windhoek se gekke en hofnar­re weer spreekwoordelike vuurwerke uit die verskeie geleent­hede met pretbelaaide programme verwag,” het Holger Mentzel, die president van die Wika, gesê.
“Jan Alleman kan verwag om met ’n fees van skitterende optredes op die verhoog sowel as weg daarvan vermaak te word.”
Buiten die satiriese hu­­mor in die vorm van die sogenaamde “Büttenreden” (toesprake vanuit ’n vaatjie gemaak) sal dansopvoerings gesien kan word, wat ook kenmerkend van Windhoek se karnavalkultuur is. Die slagspreuk vir vanjaar se Wika is “. . . Dit is karnaval!”
Die hoogtepunt van die karnaval is die Happy Sound Orchestra. Die HSO, soos dit kortweg bekend is, kom van Eschweiler in Duitsland. Hierdie groep is vanjaar se hooforkes by die Wika en sal by feitlik elke geleentheid by die SKW in Olympia optree.
Prinses Nicola (Hübner) en Prins Pieter (Senekal), die heersende konink­like paartjie, gaan van hul krone afstand doen op die Koninklike Bal wat op 28 Maart plaasvind en hul krone en septers word aan die nuwe koninklikes van die hoofstad se karnavalnarre oorhandig.
“Ons was geëerd om die verkose leiers van Windhoek se karnavalbroederskap te wees. Ons weet dat die tye verander en daarom sal ons afstand doen van die troon vir ons opvolgers, selfs al doen ons dit ook onwillig,” het Prins Pieter gesê.
Op 15 Maart kom Windhoek se narre vir die eerste keer hierdie seisoen by die Bivak byeen. Soos in die verlede sluit die aanloop tot vanjaar se Wika ’n lewendige program te mid­de van ’n egte, Nami­biese biertuinatmosfeer in. Lewendige musiek word gespeel deur die Wika­phoniker, wat die Wika se amptelike verhoogorkes is, asook die bekende sangpaar Karla en Ingolf wat sal optree.
Die koninklike bal op 28 Maart word gevolg deur die tradisionele vlotoptog deur die stad op 29 Maart en sal by die skougrond begin, waarvandaan dit in ’n noordelike rigting tot naby die spoorwegstasie sal beweeg. Die hoofstad se nuut bekroonde koninklike paartjie, wie se identiteit streng geheim gehou word tot na die koninklike bal, sal hulself dan deur middel van die vlotoptog aan die man op straat voorstel.
Na die optog sal die pu­bliek na die SKW in Olympia beweeg waar die tradisionele FNB Frühschoppen sal geskied. Private groepe of maat­skappye wat aan die straatoptog wil deelneem met hul eie vlot, kan die registrasievorms van die Wika-tuisblad by www.windhoek-karneval.com aflaai.
Onder ander hoogtepunte vir vanjaar se Wika-­program is die Kinderkarnaval wat op 20 Maart gehou word en wat gevolg word deur die Manne- en Dames Olmeca Tequila-­aand se maskerbal op 2 April, die Duitse Büttenabend op 4 April, Namib Mills se Jeugkarnaval op 5 April en die twee O&L internasionale aande op 9 en 11 April, waar ’n volle twee uur verhoogprogram van dansopvoerings aangebied word.
Toegangskaartjies vir die verskeie Wika-geleent­hede kan aanlyn by www.windhoek-karneval.com bespreek word. Direkte verkope van kaartjies word ook by die Auas Valley-inkoopsentrum vanaf 24 Maart daagliks tussen 09:00 en 11:00 in die oggend gedoen.
Bykomende inligting kan van Edgar Hälbich by 081 679 8921 of [email protected] of by die tuisblad www.windhoek-karneval.com wika events calendar 2013 ver­kry word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!