Oesfees op N/a'an ku sê
Die viering van Neuras N/a’an ku sê se oesseisoen vind vanaf 19 tot 21 Februarie op dié wyn- en wildlandgoed plaas.
Die druiwe, wat in die hart van ? woestyn-oase verbou word, was aan die begin van die nuwe jaar reg vir pluk.
Die opwinding van die oes het al vroeg in Januarie begin, met hande wat onvermoeid in die vroeë oggendure gewerk het om te verseker die druiwe word by die mees optimale temperature hanteer. Die stygende hitte bedags het die werkers gedwing om ook in die donker ure van die nagte te werk.
Die werkers het glad nie teruggedeins vir die uitdaging nie en na drie weke van harde arbeid is 'n totaal van 12,791 kg druiwe gepluk, gegis en omskep in 'n dekadente 4 300 liter rooiwyn, 200 liter port en 500 liter brandewyn - alles eg Namibies!
Om hierdie ongelooflike prestasie te vier, sal Neuras – met een van die wêreld se droogste wingerde en ? Namibiese bewaringsparadys - gedurende die naweek van 19 Februarie ? fees aanbied waar die organiese Neuraswyne geniet kan word.
Smaakkliere sal op die proef gestel word met ? blinde wynproe, aanloklike ware by die mini- mark sal die mees veeleisende fynproewers in die versoeking stel en die musiek deur ? orkes sal deur die wingerde weerklink. Verder is daar speletjies en prettige kompetisies om die hele gesin te vermaak en 'n sterredak om die perfekte agtergrond vir dansgenot te verskaf. In die vroeë ure van ? woestynoggend kan moeë koppe (en voete) lafenis vind in die gerieflike akkommodasie. Vir diegene wat ? meer aardse omgewing verkies, is kampeerplek beskikbaar.
Vir verdere inligting kontak Neuras Wine and Wildlife Estate by 063 293 417 of stuur ‘n e-pos na [email protected]. Vir inligting oor die werk van die N/a’an ku sê-stigting besoek wws.naankuse.com.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie