Oesskatting ronveranderd
Oesskatting ronveranderd

Oesskatting onveranderd

Ronelle Rademeyer
Vida Booysen - Suid-Afrika, die vasteland se grootste mielieprodusent, het sy skatting vir die 2015-’16-oes in die nuutste nasionale oesskatting onveranderd gelaat.
Die skatting van 7,16 miljoen ton mielies en 8,8 miljoen ton somergrane en oliesade altesaam, is die kleinste sedert 2008 en is ook 28% kleiner as die vorige oes.
Dit is ook kleiner as die gemiddeld van 7,17 miljoen ton wat vooraf deur ’n paneel ontleders in ’n Bloomberg-opname voorspel is.
Suid-Afrika is gewoonlik ’n netto uitvoerder van landbouprodukte, maar weens die ergste droogte sedert in 1904 met rekordhouding begin is, moet die land vanjaar waarskynlik tot 3,8 miljoen ton mielies invoer, volgens Graan SA.
Die land sal vanjaar ook sowat 400 000 ton sorghum en 265 000 ton sojabone invoer, volgens Wandile Sihlobo, landbou-ekonoom van Agbiz.
Die skatting van die oppervlakte onder mielies is onveranderd gelaat op 1,947 miljoen ha, terwyl die verwagte opbrengs 3,68 ton per hektaar is.
Die produksieskatting van witmielies is onveranderd gelaat op 3,097 miljoen ton. In die geval van geelmielies is die produksieskatting onveranderd gelaat op 4,064 miljoen ton.
Die enigste graansoort waarvan daar vanjaar meer as verlede jaar geproduseer word, is sonneblomsaad. Die oes van 742 750 ton is 12% hoër as verlede jaar.
Dit is omdat die laat herfsreën dit vir boere moontlik gemaak het om nog voor die wintermaande laat aanplantings van sonneblom te doen. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!