Ohangwena wil GBV, dwelmmisbruik takel
Tuyeimo Haidula op Oshakati – Die gemeenskapslede van Ongenga in die Ohangwenastreek is hard aan die werk om dwelmmisbruik in hul streek die hoof te bied.
Die polisiewoordvoerder van die streek, ao. Abner Itumba, het gesê nog ’n rede tot kommer is die hoë aantal gevalle van geslagsgeweld (GBV) in die streek. Die polisie in die streek het verlede jaar 697 GBVsake geregistreer.
Itumba, wat die syfers bekend gemaak het op ’n onlangse vergadering waartydens die stryd teen dwelms in Ongenga bespreek is, het gesê die meeste aangemelde verkragtings en aanrandings word deur nabye familielede gepleeg.
Die vergadering het ten doel gehad om misdaad teen vroue en kinders te bekamp en te verminder, samewerking tussen die polisie en sy belanghebbendes in die stryd teen GBV en verwante misdade te verbeter, asook om risikoprofiele van geteikende misdaadtipes te ontwikkel.
MISHANDELING
Dis volgens Itumba ’n bekommernis, selfs vir die polisie, dat juis diegene wat veronderstel is om vroue en kinders te beskerm, dieselfde mense is wat hulle mishandel.
Itumba het gesê uit 697 aangemelde sake, is 414 verdagtes in hegtenis geneem. Dit dien volgens hom as bewys van hul verbintenis daartoe om misdaad in die streek te bowe te kom.
Namibië sukkel met ’n hoë aantal GBV-sake wat tot gevolg gehad het dat wetgewers, insluitend oudpresident Hifikepunye Pohamba, ’n nasionale biddag daarvoor verklaar het.
Die pleidooi is gerig aan alle politieke leiers, studente, staatsamptenare, werkers, jongmense, kleinboere, tradisionele leiers, godsdiensleiers, sakeleiers, burgerlike organisasies, sowel as gemeenskapsleiers en elke Namibiese burger.
FAMILIELEDE OF OPPASSERS
Itumba het gesê die mees pynlike en ontstellende deel van GBVmisdade is dat dit deur nabye familielede of soms deur ongeregistreerde huishulpe gepleeg word.
“Mense wat veronderstel is om hierdie vroue, meisies en kinders te beskerm, is dié wat die misdade pleeg. Mense se mans, oupas, pa’s, ooms en neefs is die oortreders.”
Hy het bygevoeg die meeste huishulpe van Angola word sonder die regte dokumentasie in diens geneem en hul werkgewers weet nie presies waar hulle vandaan kom of wat hul regte name is nie. Itumba het gesê as hierdie individue misdade pleeg, vlug hulle terug na Angola, en is dit moeilik om hulle vas te trek sonder behoorlike identiteitsdokumente.
Die stigter van Fighting for Drug Abuse in Ongenga, me. Martha Namhadi, beplan om berading en ondersteuningsdienste aan die tieners in die dorp te bied deur huisbesoeke en kontak met die ouers.
– [email protected]
FOTO
Die polisiewoordvoerder van die Ohangwenastreek, ao. Abner Itumba. Foto Verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie