OJ Simpson: ‘Só kon ek die moorde gepleeg het’
OJ Simpson het Sondagaand in ’n TV-program ’n teorie onthul oor hoe hy na bewering sy eksvrou, Nicole Brown, en haar vriend Ron Goldman sou kon doodgemaak het, berig DailyMail.
Die program, OJ: The Lost Confession, is op die TV-kanaal Fox uitgesaai.
Simpson is ’n voormalige Amerikaanse voetbalkampioen, kommentator en akteur maar ook ’n veroordeelde bankrower.
Hy is net so bekend om die verhoor waarin hy van sy eksvrou en Goldman se moorde aangekla en vrygespreek is.
Hulle is op 12 Junie 1994 op die trappe buite haar huis gevind. Hulle is doodgesteek.
Hoewel sy kommentaar as ’n teorie beskryf word, dink die programmakers dit kom op ’n bekentenis neer.
DailyMail berig Simpson beweer hy was kwaad vir Nicole in die weke voor die moorde. Sy het glo dwelms misbruik en het ’n verhouding gehad met Faye Resnick, iemand na wie hy as ’n “prostitituut” verwys.
Toe ’n dokter op die dag van die moorde vir Simpson sê dat Resnick en dalk Nicole dalk na ’n rehabilitasiesentrum wou gaan, het die bom gebars.
Hy en ’n vriend, ene Charlie, wou Nicole by haar huis daaroor konfronteer. Dit het in ’n rusie ontaard toe hulle ’n onbekende man, Ron Goldman, daar aantref.
Simpson en Nicole het op mekaar gegil. Toe sy val, het Goldman glo met ’n mes gestorm en gedreig.
Simpson het flou geword. Toe hy wakker word, was hy na bewering vol bloed. Hy en Charlie het gery. Hy het hul twee kinders by die huis met hul sterwende ma gelos.
Toe die onderwerp oor sy kinders geopper is, het Simpson emosioneel geword en gesê hy kan nie met die onderhoud voortgaan nie.
Die onderhoud, wat meer as tien jaar oud is, het opslae op sosiale media gemaak, maar Amerikaners was meer geïnteresseerd om op TV die terugkeer van "American Idol" te kyk, het peilings Maandag gewys. Nagenoeg 10,3 miljoen Amerikaners het Sondag na die premiere van "American Idol" op ABC gekyk in vergelyking met die 4,4 miljoen wat na die Simpson-onderhoud op Fox gekyk het. - Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie