Okahandja-baas geskors oor rits klagtes
Grondtransaksies het glo plaasgevind ondanks 'n moratorium op die verkoop en verhuring daarvan.
Jemima Beukes
Die Okahandja-munisipaliteit het sy uitvoerende hoof, me. Martha Mutilifa, met volle betaling geskors.
Dít weens bewerings van die misbruik van fondse, bedrog, korrupsie en die weiering om haar aan gesag te onderwerp, wat met twyfelagtige grondtransaksies verband hou.
Die skorsing is by 'n spesiale raadsvergadering op 24 Desember verlede jaar bevestig, te midde bewerings wat 'n stuk grond van 30 000 vierkante meter betrek, wat miljoene werd is, maar glo vir 'n karige N$90 000 verkoop is.
Die beweerde grondtransaksies het plaasgevind ondanks 'n moratorium op die verkoop en verhuring van grond wat tot 2015 terugdateer, wat deur die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling ingestel is.
Die moratorium is in Augustus 2015 ingestel deur die destydse minister, me. Sophia Shaningwa, in 'n poging om 'n stokkie te steek voor die munisipaliteit se verkoop en verhuring van grond sonder dat die regte prosedures gevolg is.
Dít sluit in om die minister se goedkeuring te kry. Shaningwa het in 2017 gesê die staat sal die verbod lig sodra 'n oudit voltooi is.
Mutilifa se skorsingsbrief is onderteken deur die voorsitter van die raadsbestuurskomitee, mnr. Gideon Uwu-Khaeb, wat haar ingelig het 'n volle ondersoek na die bewerings teen haar sal gedoen word.
“Gedurende die tydperk van jou skorsing sal jy nie die kantoor van die uitvoerende hoof betree nie en jy word versoek om nie met raadsfunksies voort te gaan nie,” lui die brief.
Mutilifa het glo in 2019 volmag verleen aan individue om grondtransaksies wat tot Desember 2004 terugdateer, oor te dra.
Volgens regsdokumente wat Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesien het, het sy glo ook versuim om raadsresolusies vir dié transaksies te lewer.
Volgens 'n bron en afskrifte van dokumente in Namibian Sun se besit is grond van 30 000 vierkante meter, ter waarde van sowat N$10 miljoen, teen net N$90 000 verkoop.
“Ons is op soek na die raadsresolusie; daar is niks. Ons het twee keer aan haar geskryf vir 'n verklaring. Ons het haar selfs persoonlik besoek en op die dokumente aangedring wat die grondtransaksies ondersteun, maar sy kon niks verskaf nie. Die raad het ook gevra hoekom dit 15 jaar geneem het om die transaksie goed te keur, maar daar was geen verklaring nie,” het die bron gesê.
Mutilifa, wat haar skorsing bevestig het, wou nie verder kommentaar lewer nie.
'LANK REEDS UITSTAANDE'
Raadslid Sylvia Karuombe van die Popular Democratic Movement (PDM) het gesê die skorsing is al lank uitstaande omdat Mutilifa oneerbiedig teenoor die raad was.
“Sy hou aan dinge doen en dokumente teken, selfs al weet sy iemand moet dit saam met haar teken. Om die waarheid te sê, hierdie skorsing moes al lankal plaasvind. Ongehoorsaamheid gebeur daagliks hier op Okahandja. Daar is baie goed waaraan sy skuldig is,” het sy gesê.
Okahandja se burgemeester, mnr. Johannes “Congo” Hindjou, wou nie kommentaar op “interne sake” lewer nie.
Minister Peya Mushelenga het gesê hy kan nie kommentaar lewer nie omdat hy nog met verlof is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie