Okahandja Electrical Services se werk landwyd gesien
Byna ''n halfeeu betrokke in gemeenskap
Deon Eysele – Shorty Da Costa is oorspronklik van Porto in Portugal, maar is die afgelope 57 jaar in Afrika.
Hy het begin as soldaat in Mosambiek, maar het daarna in Suid-Afrika gaan werk. Daar is hy destyds beroof waarin hulle alles verloor het, self verblyfspermitte. Dis toe wat hy besluit het om Namibië toe te kom waar hy by Lafrenz begin werk het.
“Die Carl List-gebou in Windhoek was die eerste elektriese kontrakteurswerk wat ek in Namibië gedoen het,” vertel hy.
In 1968 het Okahandja Electrical Services & Wholsalers sy beslag gekry toe Da Costa met net twee mense op die dorp begin het om 'n elektriese kontrakteursmaatskappy op te bou wat 'n groot hand gehad het in honderde ontwikkelingsprojekte oor die land.
As hy eers begin vertel by watter projekte hy oral betrokke was, by watter geboue in watter dorpe hy gewerk het en wie hy almal ken, besef jy dat hy in die 47 jaar wat hy reeds sy besigheid bedryf, diep spore in die land getrap het.
Hy ryg name uit soos Keetmanshoop, Mariental, Aroab, Onseepkans, Karibib, Ngoma, Oshakati, Oshikuku, Ongandjera, Okwaludhi, Ombalantu, Ohangwena, Onandjokwe, Katima Mulilo, Windhoek en wanneer hy uiteindelik klaar is, klink dit of daar nie 'n groeipunt in die ganse Namibië is waar hy nog nie as elektriese kontrakteur by 'n projek betrokke was nie. Want, sê hy, destyds toe hy jonger was, was hy bereid om projekte op afgeleë plekke aan te pak. As gevolg daarvan was hy vir lang tye van die huis af weg, maar vandag kan hy met trots terugkyk op 'n suksesvolle loopbaan.
“Weet jy waar is Augustinium? Ek het daar gewerk. Weet jy van die Carl List-gebou, die Landbank, Safari Motel, die Total-vulstasie op Keetmanshoop, die hospitaal op Gobabis, 'n skool op Mariental, die hospitaal op Grootfontein, Eenhana, Swakopmund, noem maar op, ek was daar,” het hy bevestig.
Shorty in sy gemeenskap
Daar is min mense op Okahandja wat nie vir Shorty Da Costa ken nie en in die jare wat hy daar woon, het hy geheg geraak aan die dorp en die omgewing.
Dinge het egter die laaste paar jaar baie verander, en, sê hy, hoewel hy twee huise in Portugal besit, weet hy nie of hy sy wortels sal kan uittrek om te verhuis nie.
Wat die gemeenskap betref waar hy woon, het Da Costa nog altyd 'n oop hand gehad, of dit nou vir die kerke, welsynsorganisasies, skole of sportspanne is wat op sy knoppie gedruk het. As jy in sy kantoor sit, sien jy talle portrette teen die mure en op kaste waar hy saam met rugby-, sokker- en ander sportspanne afgeneem is.
Da Costa is 'n man wat gemaklik is met tale en praat afgesien van sy moedertaal, Portugees, ook Afrikaans, Engels, Duits, Spaans, bietjie Frans en Oshiwambo.
Werksaamhede
Deesdae het hy heelwat afgeskaal en tender hy nie meer om groot projekte te doen nie.
Afgesien van die kontrakteurswerk wat hy in Okahandja doen en die winkel vir elektriese ware wat hy bedryf, maak hy nog 'n punt daarvan om die plaasboere in die distrik wat kliënte van hom is, te bedien.
“Ons konsentreer nou meer op herstelwerk, om onderhoudswerk by groter instansies soos NamWater te doen en om installasies op plase te onderhou,” het hy verduidelik.
As elektriese kontrakteur verskaf Okahandja Electrical Services ook installasiemateriaal en ander benodigdhede aan ander kontrakteurs en projekte in die omgewing.
Op 'n vraag of die sigbare ontwikkeling van nywerhede enigsins 'n oplewing vir besighede in die dorp beteken, was Da Costa nie heeltemal optimisties nie.
“Wat teleurstellend is, is dat hoewel heelwat bouwerk gedoen is met die nuwe ontwikkeling, is nie 'n sent se toerusting of enige materiaal by my gekoop nie. Alles word van Windhoek af aangery terwyl ons al jare hier gevestig is en nog altyd diens kon lewer. My versoek is tog dat groot kontrakteurs wat van elders af hier projekte kom aanpak, van plaaslike ondernemings gebruik maak vir ondersteuning.”
Hy is ook bekommerd oor die negatiewe invloed wat die nuwe inkoopsentrum op die verbypad by die dorp op besighede het. Okahandja sit reeds met vervalle geboue in die hartjie van die dorp en ander geboue in die hoofstraat wat leeg staan, is ook 'n seer oog. Dit, sê hy, is nie opbouend en 'n inspirasie nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie