Okahandja en Opuwo se geldsake duister
Okahandja en Opuwo se geldsake duister

Okahandja en Opuwo se geldsake duister

NAMPA
Die ouditeur-generaal, mnr. Junias Kandjeke, het Okahandja en Opuwo se ouditverslae vir die 2016-’17-boekjaar afgehandel.

Kandjeke het ’n ongunstige ouditmening vir Okahandja se munisipaliteit uitgereik, aangesien dié dorp se finansiële state nie die munisipaliteit se finansiële posisie redelik weerspieël nie.

Dié bevindinge is verlede week deur die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, aan die Nasionale Vergadering voorgelê.

Tydens die oudit is bevind slegte skuld van N$9,9 miljoen is oorskat en daar is geen ondersteunende dokumente om die eis van N$3,7 miljoen deur die Namibiese Verkeersinligtingstelsel (NaTIS) te staaf nie.

Die munisipaliteit kon ook nie ’n lys voorlê om ’n bedrag van N$1,2 miljoen te kontroleer, wat in die Build Together-behuisingskema gebruik is nie.

Die oudit het ook onthul op 30 Junie 2017 het geen bankrekonsiliasie plaasgevind nie en die munisipaliteit werk nog aan ’n waardasierol van 2008.

Ook is alle munisipale dienste gehef op die 2015-’16-boekjaar se tariewe, en geen rekonsiliasie van handelskostes is gedoen nie.

’n Ongunstige ouditmening beteken die munisipaliteit se finansiële rekords voldoen nie aan die ouditeur-generaal se ouditkriteria nie en finansiële rekords is verkeerd aangebied.

Opuwo

Kandjeke het ’n vrywaringsmening vir Opuwo se die finansiële state vir die 2017-’18-boekjaar uitgereik weens die versuim om voldoende bewys te lewer van hoe die plaaslike owerheid N$18 miljoen bestee het.

Tydens die oudit is bevind daar was geen stawende dokumente om aanpassings in uitgawes ten bedrae van N$375 632 te staaf nie.

Daar was ook geen stawende dokumente om inkomste-aanpassings van N$2 miljoen te bevestig nie.

Intussen het die dorpsraad sy Build Togeter-behuisingskema met N$1 miljoen en bybetalings aan Nored met N$112 558 oorskat.

“Daar was geen stawende dokumente om die aanpassings van inkomste op bankrekonsiliasies van byna N$1,9 miljoen te bevestig nie,” het Kandjeke gesê.

Die ouditeure het ook opgemerk die raad het sy slegte skuld met N$2,7 miljoen onderskat.

Die Opuwo-stadsraad het volgens die verslag geen finansiële verslagdoeningsraamwerk in plek nie.

Verslae van die ouditeur-generaal toon jare al ’n tendens van geen aanspreeklikheid by die meerderheid regeringskantore, ministeries en agentskappe (OMAs).

Kandjeke het einde verlede jaar by navraag gesê daar is nie veel wat hy kan doen om hierdie OMAs aanspreeklik te hou nie, aangesien dit buite sy mandaat val.

Tans kan hy net die feite blootlê, dit in ’n verslag opsom en aan die betrokke parlementêre komitee voorlê.

“Ek doen slegs die oudit. Julle kan nie van my verwag om die polisie of die Teenkorrupsiekommissie (ACC) se werk te doen nie,” het hy destyds gesê. – Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!