• Tuisblad
  • Plaaslik
  • Okahandja-inwoners eis dat dorpsraad bedank, kantore ontruim
Okahandja-inwoners eis dat dorpsraad bedank, kantore ontruim
Okahandja-inwoners eis dat dorpsraad bedank, kantore ontruim

Okahandja-inwoners eis dat dorpsraad bedank, kantore ontruim

Tanja Bause
Tanja Bause - Sowat 100 gemeenskapslede het vandag (Dinsdag) na die Okahandja munisipaliteit opgeruk om vir die dorpsraadslede te versoek om vrywillig hul kantore te ontruim.
Volgens mnr. Helodesa Hipipohamba Vatilifa, 'n verteenwoordiger van die gemeenskap wat die dorpsraadslede toegespreek het, sal die gemeenskap op 18 April terugkeer en verdere stappe doen indien hulle nie bedank het en hul kantore ontruim het nie.
Dit volg kort ná die minister van stedelike en landelike omgewikkelinge, dr. Peya Mushelenga, verlede week die ewe omstrede dorpsraad van Rehoboth in die pad gesteek het.
Hy het dit duidelik gemaak dat hy in die vervolg geen ongerymdhede op plaaslike regeringsvlak sal duld nie.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer