Okahandja: Kom ons vat hande
KOOS SWARTS SKRYF:
Eerstens wil ons dankie sê vir die munisipaliteit wat nou sporadies rommel laat optel, in die dorp en rivier. Dankie ook vir tenderaars wat Nau-Aib en R5 skoonhou.
Dink net hoeveel die munisipaliteit kon spaar as niemand rommel strooi nie. Ondanks die boete van N$1 650 "dump" inwoners steeds (sien foto), om nie eers te praat van vragmotors wat in die rivier afval aflaai nie (sien foto). Ons probeer ook om besoekers se aandag te trek met borde, maar vandale het ook daarvan afgebreek (sien foto).
Ons lees dat ons agbare minister Pohamba Shifeta van toerisme en omgewing wetgewing wil inbring om die morsjorse te beboet, maar dit sal ’n man op ’n perd kos om hulle te vang. Ook goed om te lees, is dat daar ’n heffing op die gebruik van plastieksakke gaan kom.
Mag ons gouer as 2028 die land in Afrika wees wat leiding neem met soliede afvalbestuur. Walvisbaai is al lankal ’n goeie voorbeeld daarvan.
Dit is baie hartseer dat ons ’n samelewing geword het van rommel strooi, as jy sien hoe dit ook langs ons paaie lê.
Ons is egter dankbaar vir Lewcor, Colas, sakemanne, en ander instansies wat ons strate teer. Ons vertrou dat die hoofstraat volgende aan die beurt sal kom.
Ons is ook dankbaar vir TransNamib, wat die sekelbosse langs die treinspoor uitgekap het. Dit help tog dat party mense nie net stop en langs die pad urineer nie.
Om ons naam van “Tuindorp” te herstel, sal elke inwoner moet leer om trots te wees op sy of haar dorp.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie