Okahandja sukkel voort
Korrespondensie tussen hom en die tuindorp se raad is privaat, sê ’n minister.
Denver Kisting – Dr. Peya Mushelenga, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, het dié week gesê die Okahandja-dorpsraad het hul situasie skriftelik aan hom verduidelik.
Maar, het hy gesê, dié is ’n saak tussen hom en hulle.
Verlede week het hy by navraag aan Republikein gesê hy moet eers vasstel wat presies op die tuindorp aangaan voor hy hom daaroor kan uitlaat.
Dié dorp is sedert Desember sonder ’n formele raad nadat die vorige raad se termyn verstryk het, het Mushelenga bevestig.
Hy het gesê: “Die ampsdraers se termyn het in Desember geëindig. Geen nuwe ampsdraers is verkies nie. Die dorp is sonder ’n bestuurskomitee en ampsdraers soos ’n burgemeester en adjunkburgemeester.”
Waterkommer duur voort
Baie Okahandja-inwoners moes die afgelope week vir minstens ’n dag weer sonder water vir lief neem.
Dit kom dae ná groot gedeeltes van die dorp ’n week lank sonder water gestrand was.
Mnr. Pesella Nunda, waarnemende uitvoerende hoof van die Okahandja-munisipaliteit, het gesê ’n pyp het Woensdag in Nau Aib gebars wat die watertoevoer afgesny het.
Volgens hom is dié pyp intussen herstel.
Oor verlede week se waterprobleme het Nunda gesê: “Hier is ’n aantal liggings wat sonder water is. Ons het baie hoë druk in die pype, wat die pype laat bars.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie