Okahandja-uitsettings: Hofsaak hervat in Oktober
Okahandja se onwettige nedersetters moet nog wag tot 9 Oktober voor regter Hosea Angula redes sal aanhoor hoekom hy 'n uitsettingsbevel teen inwoners van dele van onder meer Ekunde en Vedersdal moet bekragtig.
Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, mnr. Erastus Uutoni, het die hofbevel aangevra wat honderde huisgesinne in die omstrede dorpsgebied sonder verblyf sal laat.
Regter Angula was besorg oor die afwesigheid van landkaarte wat presies aandui waar die mense uitgesit sal word tussen die staat se aansoekpapiere.
Angula het ook terugvoering gesoek oor die openbare kennisgewing van die beoogde uitsettingsbevel en wie dit bereik het.
Prokureurs van albei partye het ooreengekom dat die staat teen 22 September aanvullende landkaarte sal indien.
Teen 28 September sal mnr. Eliaser Nekwaya en adv. Tinashe Khibwana, namens die onwettige Okahandja-inwoners, sê of hulle die nuwe inligting aanvaar. Die hofsaak sal dan op 9 Oktober hervat.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie