Okahandja, van tuindorp tot puinhoop
KOOS SWARTS SKRYF: Die laaste woord oor ons voormalige tuindorp is nog nie gesê nie. Okahandja, waar twee kort riviere ontmoet, se meeste inwoners streef steeds na die leuse "Semper Prorsum" wat "Altyd vorentoe" beteken. Daar is al baie vordering gemaak, en ons nuwe raad lê baie inisiatief aan die dag om dit te verbeter.
Sebron en Gorden, sy seun, staan by die 32ste drom wat geplant is danksy die ondersteuning van die gemeenskap. Hulle maak weekliks teen 'n honorarium die rivier skoon waar kampeerders naweek na naweek kom vullis stort. As onder een boom soveel mense kamp, hoe dink jy lyk dit onder 10 – 15 bome.
By sommige plekke is nie eens dromme nie. Dis alles behalwe werkverskaffing van die munisipaliteit, soos sommige die mening huldig nie. Hulle kom maak net die dromme leeg. Jy probeer verniet positiewe borde opsit. Drank verdra nie onreg nie.
Praat nie van die geraas wat Abendfrieden, 'n aftreeoord, moet verduur nie. Dit verstom 'n mens dat morsjorse hulle rommel langs die drom neergooi. Ongelukkig stort sommige huiseienaars hulle vullissakke ook in die dromme, waar hongeres of herwinnaars dit kom oopskeur en alles buite los. Ons is egter dankbaar vir die voetgangers wat wel daarvan gebruik maak.
Verder is die stort van tuinrommel steeds 'n probleem, want baie inwoners stort hulle huisafval ook daar. Kyk maar net langs die verbypad. So ook die taxi's wat daar langs die pad stop. Met die munisipale laaigraaf en vragmotors wat sporadies stukkend is, vind die opruiming daarvan ook maar stadig plaas. Die vrae soos volg kry nie antwoorde nie:
Hoekom kan elkeen nie sy eie tuinvullis wegry nie? Hoekom is Rwanda 'n skoon land waar die president sporadies alle besighede sluit sodat die nasie die land skoonmaak? Kan dit nie die norm vir Afrika word nie? Hoekom nie meer kere 'n opruimingsdag beplan nie?
Daar is al baie vergeefse pogings aangewend om met die skole kontak te maak en die leerlinge te oriënteer. Juis omdat “Charity begins at home” nie in alle huise realiseer nie. Is daar dan nie metodes om met die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme kontak te maak ten einde oor oplossings te besin nie? Die stort van rommel is tog 'n landswye probleem.
Over geset synde: Ons koester steeds die hoop dat die pen magtiger is as die swaard.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie