Okahandja verspoel
Elvira Hattingh - Swaar reën het gisteraand plek-plek verspoelings op Okahandja veroorsaak, sommige eiendomme laat oorstroom en van die dorp se hoof- watertoevoerpype beskadig.
“Die hele dorp is sonder water,” het me. Charmaine Meintjies vroegoggend laat weet.
Meintjies sê hul reënmeters het gisteraand oorgeloop, terwyl die Okahandjarivier vir die eerste keer in dekades geloop het en boonop sy walle oorstroom het.
Mnr. James Roux se kleinhoewe buite die dorp, wat langs die Okahandjarivier geleë is, het ook oorstroom en groot skade is aan sy huis en store aangerig. Hy boer met hoenders en kon hulle betyds van die water red. Hy meen die skade aan sy eiendom beloop miljoene.
Adv. Peet Harmse sê vier “nuwe” riviere, wat deur stroom-op erosie veroorsaak is, het gevorm en deur sy kleinhoewe gespoel. Van hul kampdrade het weggespoel en hul perde is vanoggend soek.
“Dit het baie in die opvangsgebiede van die Okakango- en Okamitativier noord en noordoos van Okahandja gereën. Hierdie twee riviere vorm saam, net voor die dorp, die Okahandjarivier.
Intussen het die munisipaliteit ’n amptelike kennisgewing aan inwoners uitgestuur dat die hele dorp sonder water is ná die water die dorp se hooftoevoerpype van NamWater se reservoir af beskadig het. FOTO'S VERSKAF

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie