Okahandja-waterkommer drup-drup opgelos
Okahandja-waterkommer drup-drup opgelos

Okahandja-waterkommer drup-drup opgelos

Denver Kisting
Denver Kisting – Te midde van die behoefte aan water om higiëne te handhaaf, sukkel Okahandja steeds met verouderde pype wat bars en watertoevoer onderbreek.

Die waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Pesella Nunda, sê: (Daar is) amper elke dag ’n pyp wat bars weens ou pype.”

Die afgelope week is “verskillende areas afhangend van die ligging van die pyp wat bars” geraak, sê hy.

Vrydag en Saterdag was die middedorp en Nau-Aib sonder water. “Ons vervang met plastiekpype soos ons herstel.”

’n Inwoner van die tuindorp het die naweek gesê: “Daar is nie ’n dag wat verbygaan sonder dat daar iewers wateronderbrekings is nie. Dis erg en ek dink veral aan almal wat tuis is in die moeilike tyd en water benodig.”

Hy sê die munisipaliteit verskaf tans gratis water aan die informele gebiede, insluitend onwettige plakkerskampe, en herstel die watertoevoer van diegene wie se water afgesny is.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!