Okahandjarivier saai wéér amok

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Die Okahandjarivier het gisternag wéér mnr. James Roux se kleinhoewe buite Okahandja oorstroom en boonop vroegoggend een persoon meegesleur.

Die polisie, asook lede van die gemeenskap, loop tans langs die rivier af om dié persoon te soek, het mnr. Freddie Koch, wat ook op een van die kleinhoewes woon, pas aan Republikein gesê. Hy sê die rivier loop tans nog baie sterk op plekke.

Koch sê drie kontrakwerkers wou die rivier vroegoggend te voet oorsteek. Alhoewel een van die kleinhoewe-eienaars hulle probeer waarsku het om dit nie te waag nie, het hulle om die een of ander rede nie op hom ag geslaan nie.

“Een van die drie werkers was ‘n vrou met ‘n baba by haar. ‘n Man asook die vrou en haar baba kon gered word, maar die derde persoon is deur die rivier meegesleur,” het Koch gesê.

Intussen sê Roux dié keer se oorstroming is veel erger as verlede week Donderdag s’n toe die Okahandjarivier sterk afgekom het en sy fabriek, huise en kantore twee opeenvolgende nagte oorstroom het.

Ten spyte van dae se werk om keurwalle in die rivier te stoot en die pak van sandsakke, het die rivier gisternag wéér deur hul eiendom gestroom en die keer het van sy hoenders verdrink. Roux bedryf ‘n eierboerdery, Osona Eggs, van sy kleinhoewe af.

Kleinhoewe-eienaars meen die rivier raak die spoor byster weens ‘n ou sandmyn hoër op.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!