Okakarara handelskou beïndruk adjunkpremier
Die ekonomiese groei wat die Okakarara Handelskou geniet, is indrukwekkend, het die visepresident, dr. Nickey Iyambo, tydens die opening gesê.
“Die geleentheid groei ekonomies en lok elke jaar meer besoekers en uitstallers van oral in die land,” het hy gesê.
Vanjaar het 300 uitstallers – 30 meer as verlede jaar – deelgeneem. Dit het 280 plaaslike ondernemings, boere en klein- en medium grootte entrepreneurs, ministeries en ander maatskappye ingesluit.
Boonop het die skou 20 uitstallers van Suid-Afrika, Kenia, Tanzanië, Zimbabwe en selfs Indië gelok.
Een van die uitstallers is mnr. Stretch Combrink van ’n slangpark in Swakopmund. Hy het gesê hy het nege verskillende slange na die skou gebring en dat hy baie beïndruk met die bywoningsgetalle was. Hy het bygevoeg dat hy heel waarskynlik volgende jaar weer sal deelneem.
Op haar beurt was me. Kortilde Uukule van Namutenya and Nanghelo Trading CC wat tradisionele etes voorberei, in haar noppies dat haar kos elke dag uitverkoop het.
Die burgemeester, me. Olga Tjiurutue-Katukundu, het gesê haar kantoor sal voortgaan om dié jaarlikse geleentheid beter en meer bevorderlik vir uitstallers en besoekers te maak. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie