Okavango-alliansie vra vir moratorium op oliesoektog
Okavango-alliansie vra vir moratorium op oliesoektog

Okavango-alliansie vra vir moratorium op oliesoektog

Ronelle Rademeyer
'n Alliansie van plaaslike en internasionale burgerlike organisasies en aktiviste, Save Okavango's Unique Life (Soul), wil hê 'n moratorium moet geplaas word op ReconAfrica se soektog na olie in die Kavangostreek.
Hulle het die minister van landbou, water en grondhervorming, mnr. Calle Schlettwein, versoek om met ander ministeries in gesprek te tree en onmiddellik 'n moratorium te plaas op die verkenningsboorwerk vir olie wat tans gedoen word.
Hulle vra ook dat die Namibiese regering opdrag gee dat 'n oorgrens- strategiese omgewingsondersoek (SEA) gedoen word wat die impak van hidrobreking sal bepaal op al die lande wat die Kavangorivier, sy opvangsgebied en sy delta deel.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer