Oklahoma, Arkansas oorgehaal vir vloede nu00e1 storms
Oklahoma, Arkansas oorgehaal vir vloede nu00e1 storms

Oklahoma, Arkansas oorgehaal vir vloede ná storms

Duisende inwoners van die deelstate Oklahoma en Arkansas in die VSA het hulle Woensdag voorberei op nog oorstromings en van hul huise is ontruim, terwyl die vooruitsig op nóg reën die vrese laat ontstaan dat die walle van die Arkansasrivier ná dekades kan breek.

Ná meer as ’n week van erge neerslae en tornado’s is groot skade in die sentrale dele van Amerika aangerig. Groot gebiede in Oklahoma en Arkansas het oorstroom. Hoofpaaie is in riviere omskep en huise is verswelg.

Asa Hutchinson, goewerneur van Arkansas, het op ’n nuuskonferensie gesê die oorstromings is van “historiese afmetings”.

Oorstroming het reeds daartoe gelei dat 12 hoofpaaie in dié deelstaat gesluit is en 400 gesinne is besig om hul huise te ontruim, sê Hutchinson.

Nog swaar reën is later die aand verwag oor groot dele van die twee deelstate, met tussen 25 mm en 76 mm wat deur Amerika se nasionale weerdiens voorspel word.

In Tulsa, Oklahoma se tweede grootste stad, het die burgemeester gewaarsku dat die 70 jaar oue walle “soos nog nooit tevore nie beproef word”.

Minstens ses mense is dood in die jongste oorstromings en storms in Oklahoma, volgens die gesondheidsdepartement.

Die stormweer het die mense se lewens in dié streek heeltemal ontwrig en meer as 300 tornado’s het die afgelope twee weke oor die Midde-Weste gewoed.

Verskeie tornado’s het Dinsdagaand in die deelstaat Kansas voorgekom en huise, bome en kragpale beskadig. Tornado’s het ook geboue in die weste van die deelstaat Ohio beskadig en minstens een mens is dood, terwyl talle ander beseer is. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!