Okongeama se baas dra die kroon
Ebbi Fischer is tydens 'n akkerboudag op Hochfeld as vanjaar se Meesterakkerbouer aangewys.
Mariana Balt - Die Namibiese Akkerbouraad was die meeste beïndruk met die wyse waarop dié boer mielies, hawer en akkerbone produseer, terwyl hy en sy vrou, Heide, ook met Brahman- en Braunviehbeeste boer.
Twee jaar ná sy pa se dood in 1991 het hulle deeltyds op Okongeama begin boer – eers met die hulp van 'n plaasbestuurder. In 2004, toe hul drie kinders amper hul skoolloopbane voltooi en hulle alle ander verpligtinge nagekom het, het hulle voltyds begin boer.
Wat hul beesboerdery betref, het die Fischers 'n Brahmanstoet en verkoop hulle jaarliks teelbulle en vroulike diere op twee produksieveilings. Hulle kruis Brahmane met Braunviehs, produseer slagosse en verkoop kommersiële kruisverse, maar met die situasie tans in die vleisbedryf is Ebbi onseker of hy nog met die slagosse moet aangaan.
Van die beeste loop op huurgronde en hy en vennote behartig ook 'n klein boerdery 'n Angola. Verder besit hy saam met Mecki Schneider die GenTecSol-toetsstasie waar die voeromset van bulle gemeet word as deel van 'n genomiese projek op Brahmane.
Hooiproduksie is 'n baie belangrike verdere deel van hul bedryf, aangesien hulle met die sowat 800 ton wat jaarliks geproduseer word, hul masjinerie optimaal benut. Die hooilande word ten minste al om die ander jaar gesny, terwyl padreserwes en kampe die res van die oes oplewer.
Die akkerbou-faset het aanvanklik klein, op slegs 'n paar hektare en met een 60 perdekrag trekker, 'n drieskaarploeg en Wonderplanter begin. Die bietjie wat hulle kon oes, is gemaal en tot kopmeel verwerk.
“Dit was nadat die bos- en ystervarke, en jakkalse klaar geoes het,” vertel Ebbi ondeund, wat hulle laat besef het om dit reg te doen of te los. “Ons het besluit om voort te gaan en algaande nuwe trekkers en beter implemente aangeskaf.” Die lande is deeglik toegespan en bestand teen die indringers gemaak. Hulle het egter nooit enige toerusting, saad of kunsmis met vreemde kapitaal gekoop nie, aangesien die risiko eenvoudig vir hom te groot was. Dit was verder belangrik dat dié bedryf volhoubaar moes bly en nie bloot gebruik word om die res te ondersteun nie.
Tans pas hy droëland en spilpunt wisselbou toe. Hulle plant akkerbone, voersorghum en mielies op droëlande en mielies, akkerbone en hawer onder 'n spilpunt. Afhangende van weervooruitsigte, plant hulle meer bone of mielies en bemes volgens gereelde grondanalises.
Onkruidbeheer word wetenskaplik toegepas, maar vroulike arbeiders skoffel dié wat steeds opkom gereeld. Plae word gereeld gekontroleer en die grond onder die spilpunt word voor planttyd geploeg en met 'n saadbed-implement bewerk. Mielies word deur 'n kontrakteur gestroop, maar die bone stroop hy self. Oesreste bly op die droëland en by die spilpunt word 'n gedeelte gebaal.
Ebbi maak van 15 voltydse arbeiders gebruik, kontrakwerkers om drade in stand te hou, stukwerkers vir ontbossing en hooiproduksie, en werkers word met 'n bonusstelsel aangemoedig.
Hy skryf sy suksesverhaal toe aan die feit dat hy klein en met basiese toerusting begin het, en glo dis belangrik om seker te maak dat grond geskik vir 'n spesifieke boerdery is. Hy glo sterk dat dit onwys is om op groot skaal met vreemde kapitaal te begin boer.
“Sorg ook dat jy ander kompeterende plante uit jou landerye hou en maak seker dat jakkalse, ystervarke en ander diere nie help oes nie,” raai hy ander boere aan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie