Oktoberfees beloof bier en plesier

Tanja Bause
'n Week nadat Namibia Breweries Limited (NBL) vir die tweede agtereenvolgende jaar ''n Oktoberfees in Kaapstad aangebied het, is dit Windhoek se beurt. Die hoofstad se Oktoberfees vind die naweek vir die 58ste jaar en wel by die SKW plaas.

“Die fees in Kaapstad was vanjaar meer suksesvol, met meer besoekers wat aangeteken is. In Kaapstad het besoekers veral die tradisionele Duitse spele baie geniet, dieselfde spele wat ook die naweek in Windhoek aangebied sal word. Die spesiale ‘Festbier” wat ook spesiaal vir die Windhoek Oktoberfees gebrou is, sal natuurlik saam met verskeie Duitse geregte ook hier beskikbaar wees. Die Oktoberfees-groep, die Kirchdorfer, tree vanjaar weer op en vermaak gaste met tradisionele Duitse musiek. Hulle het pas by die Oktoberfees in München gespeel,” het mnr. Christian Müller, hoofbrouer van NBL, gesê.

“Terwyl die Oktoberfees sy oorsprong in Duitsland het, vier dit die Beierse kultuur, met die Windhoek Oktoberfees wat oor die jare ’n platform geword het waar mense kultuur en tradisie in geheel kan vier,” het mnr. Norbert Wurm van NBL vertel.

Kaartjies vir die Oktoberfees kan by Computicket of by enige tak van Shoprite/Checkers gekoop word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!